Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1901 reviews.
"Almal was baie vriendelik en opgewek. Spesiale dankie aan die lifeguard by die swembad was so mooi na al ons kiddies gekyk het. Dink sy naam was Sipiwe/Sipiwo."
"Sal baie graag daar wil grond koop en plek bou vir aftrede. Netjies en baie skoon."
"Ek was net ’n bietjie bekommerd omdat daar so baie locals vrylik in Marlothpark rondloop."
"Die verskeidenheid wild in Marloth Park is 'n bonus as mens nie die dag Kruger toe wil ry nie! Rustigheid en vrede is kos vir die siel."
"Ons bly gereeld in Marlothpark. Ons geniet die park. Alles is daar wat nodig is. Jy kan kies en keur tussen akkommodasie."
"Gaan in die winter, of maak seker eenheid het lugversorger. Baie muskiete, maar is 'n rustige, pragtige bestemming."
"Marlothpark is vir ons 'n heerlike kuierplek. Ons geniet die wildtuin-gevoel. Dis baie gerieflik en naby genoeg aan Komatipoort indien nodig."
"Die grondpaaie is net baie sleg om rond te ry. Lae voertuie sal beslis nie deug nie."
"Hulle kan dalk bouers se werksure beperk tot Vrydagmiddag. Bouers gedurende naweke verstoor die stilte en jaag die diere weg. Party bouers bly in die huise wat hulle besig is om te bou."
"Met die reëls wat toegepas word het mens regtig stilte in die aand en is daar rus en vrede. Die winkeltjies voorsien ook al jou noodsaaklike behoeftes."
"I love the vibe and cleanliness there. Everyone is friendly and the animals are my favourite."