Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1877 reviews.
"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."
"Marloth Park is 'n awesome vakansieplek en rusplek - was nog nooit teleurgesteld nie!"
"Marloth is die beste plek om vakansie te hou."
"The area is well kept and so clean. The houses are quite unobtrusive and blend in with the bush. A path along the fence makes for an easy walk and you get the chance of spotting animals across the river. "
"Is besig om ons eie stukkie van die bosveld daar te kry. Sal graag eendag daar wil aftree."
"I liked it so much, I put in an offer on a property."
"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."
"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "
"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."
"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "
"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "
"Goeie waarde vir geld as jy die Krugerwildtuin wil verken, sonder om die absurde tariewe binne die park te betaal."
"Ek dink Marloth Park is 'n uitstekende bestemming vir toeriste wat graag rustig wil wees en ontspan, en terselfde tyd ons wonderlike diere beleef. Ek en my man was vir die eerste keer by Marloth en sal definitief weer gaan."
"Maroth park is 'n fantastiese toeristebestemming. Die winkeltjies daar binne is net baie duur. "
"Marloth Park is heerlik om in te bly, want jy voel jy is reeds in die wildtuin met al die bokkies, kameelperde en ander diere daar en die Krokodilbrughek is maar net 15 minute se ry weg."