Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1987 reviews.
"Uitstekende restaurant in Route 57. 'n Moet-eet-ervaring tydens enige verblyf daar. Min effektiewe winkels in die omgewing. 'n Tipiese vakansiebestemming."
"Dit is 'n uitstekende plek en sal baie toeriste trek. Dit is ook 'n familie wegbreek vakansie plek. Dankie."
"Rustige plek, regtig die moeite werd om weer te besoek. Sal beslis meer tyd moet neem om verblyf te beplan vir 'n volgende keer."
"Mal oor Mosselbaai. Werklik baie oulike eetplekke en vrek interessante winkeltjies. Dis wonderlik om sommer so in die strate te kan rondloop en kyk na alles, en ons het baie veilig gevoel te alle tye. Orals is die mense baie vriendelik en Afrikaans! Die dorp is mooi skoon en goed versorg!"
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Golf Paradys"Mosselbaai is pragtig en mense baie vriendelik, perfekte vakansie bestemming."
"Geen beter vakansieplek in die land as Mosselbaai nie. Ons het al Weskus probeer maar keer elke keer terug Mosselbaai toe."
Mossel Bay Central, Mossel Bay
Hoog 109 High"Daar is klomp besighede en plekkies om te gaan in Sentraal Mosselbaai, maar mens sal na die ander areas ook moet gaan. Vir vakansie mense sal dit miskien nie genoeg wees om hulself mee besig te hou nie."