Geverifieerde Resensie

Namaqualand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Doen so voort. Pragtige en interessante omgewing."

Springbok, Namakwaland

Hananja Lodge and Restaurant

"Mooi plattelandse dorp met alles wat ons nodig gehad het."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"As jy daarvan hou om unieke plekke en hul mense te verken, kom pak hier af. Luister na die vele Weskus verhale van diamante en skeepswrakke soos net hulle dit kan vertel. Daar is tale kleurvolle karakters wat legendes in hulle eie tyd geword het wat hulle stories graag met jou sal deel."

Springbok, Namakwaland

Springbok Inn

"Springbok is 'n goeie vakansiebestemming."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"A beautiful hidden gem in a dry and dusty area! Peaceful."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Mooi veilige stil slaapplek in Springbok. "

Namakwaland

Okiep Country Hotel

"Het sy eie mooi al is dit droog - vriendelike en hulpvaardige inwoners."

Kamieskroon, Namakwaland

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Die dorpie is klein en rustig met min mense - ons hou van natuur en die stilte en dit pas ons dus perfek. Daar is 'n winkel met die nodige beskikbaar op die dorpie. As jy 'n rustige, mooi omgewing soek, is Kamieskroon die plek vir jou!"

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Lekker om blommetyd daarheen te gaan."

Springbok, Namakwaland

Sperrgebiet Lodge

"Daar is min uiteetplekke."

McDougallsbaai, Namakwaland

Peaceful Place

"Heerlik geëet by Vespetti Restaurant "

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Net vir 'n besoek niks anders nie."

Namakwaland

Naries Namakwa Retreat

"Namakwaland was ons eerste besoek, wat 'n heerlike ondervinding, vriendelike mense en goeie akkommodasies orals beskikbaar."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Rustige area met vriendelike inwoners."

Kamieskroon, Namakwaland

Kroon Lodge

"Kamieskroon is natuurskoon, die omgewing asemrowend mooi en rustig, die mense behulpsaam maar 'n mens sukkel met beskikbaarheid van etes of 'n restaurant as toeris."

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"Springbok is die ideale halpad-stop op pad Namibie toe. Probeer gerus Taurens Steak House vir die beste steaks ooit!"

McDougallsbaai, Namakwaland

Sunset Lagoon

"'n Lekker klein dorpie met n rustige, ontspannende atmosfeer. Gaan stap op die strand, dis die moeite werd!"

Namakwaland

Grootvalleij Farm - Kliphuisie

"Namakwaland is 'n baie mooi deel van ons land, dit het sy eie bekoring in blomtyd en met die berge."

Namakwaland

Verbe Farm - Letjie's House

"Dit was my eerste besoek aan die Namakwaland-streek. Dit is pragtig en alhoewel nie baie toeristies nie is dit presies hoekom 'n mens dit kies. Die vriendelikheid van die mense, die natuur skoonheid. Salig. Sal graag wil gaan wanneer die daisies in blom is. "

Namakwaland

Die Anker Gastehuis

"Ons het die Nasionale Park besoek en spesifiek die 4x4-roete al langs die kus gaan ry tot by Spoegrivier se mond, dit is beslis die moeite werd. Pragtige seetonele. Die sand is nogal 'n uitdaging, want dit is baie los. Sal meer kommentaar kan lewer oor Namakwaland wanneer ons die gebied gedurende ons beplande blommetoer in Augustus besoek."

Kamieskroon, Namakwaland

Frances @ Kamieskroon Cosy Cottages

"Veilige en oulike dorpie met vriendelike mense."

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"Springbok is 'n uitsonderlike en unieke bestemming, veral as die blomme mooi lyk mag jy dit nie mis nie. Dis 'n bucket list-bestemming."

Springbok, Namakwaland

Kleinplasie Guesthouse

"Die plekkie so tussen êrens en nêrens, die mense is so vriendelik en het ons omtrent ooreet. Baie lekker kuierplek. "

Springbok, Namakwaland

Springbok Apartments

"'n Pragtige dorp tussen die koppies. Dis die moeite werd om te besoek binne sowel as buite die blommeseison. En as jy honger is, gaan vir die Tauren-restaurant. Dis is karaktervolle restaurant met 'n uitstekende spyskaart en billike pryse, en die kelners is die beste wat ek nog beleef het."

Springbok, Namakwaland

Daisy Country Lodge

"Interessante toeristebestemming."

McDougallsbaai, Namakwaland

Richtersveld Experience Lodge

"As jy hou van 'n baie "relaxed" omgewing en mense, gaan gerus. Uitsig oor die baai is verrassend mooi in kontras met die landskap waardeur mens ry om daar te kom. "

Namakwaland

Okiep Country Hotel

"Ongelooflik. Sal weer kom as die Namakwaland in blom is."

McDougallsbaai, Namakwaland

Dis Al! Akkommodasie

"Verassend! Sal die plek aanbeveel."

Blad
Blad 30 - Wys 871 tot 900
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang