Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.
"Pragtige natuurskoon met 'n unieke identiteit. Al die dorpe in die omgewing was pragtig, skoon en 'n plesier om te besoek. Vriendelike mense."
"Dit was baie rustig. Dit was nie oorvol vir Desember nie. Sou net inligting wou hê oor waarheen om te gaan om vis te vang in die Port. Daar is geen plekke wat 'n mens kan identifiseer om te gaan visvang nie."
"Mooi dorpie, maar ek dink die restaurante buit die toeriste uit. Kos baie duurder as in Johannesburg en nie baie goeie waarde vir geld nie."
"Kan nie eintlik kommentaar lewer oor Springbok nie aangesien dit nie ons doel was om Springbok te "explore" nie, maar dit is 'n tipiese plattelandse dorp met baie bedrywighede in die sake area op 'n Saterdag. "
"Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand."
"My eerste keer in die Springbok en wat ek ervaar het is dat dis 'n baie mooi plek is en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor. "
"'n Pragtige, skoon dorp in 'n pragtige omgewing. Benewens baie goeie hoofroetes, maak die dorp dit vir die reisiger moontlik om die sogenaamde agterpaadjies te verken, meestal grondpaaie (maar baie goed onderhou) deur verskeie passe met asembenemende vergesigte."
"Kamieskroon is 'n pragtige omgewing enige tyd van die jaar! Mense is vriendelik en behulpsaam maar daar moet meer gedoen word vir oorbly-toeriste, soos bv 'n eetplek wat in die aande oop is, al is dit net tot 20:00, of 'n klein winkel wat basiese items aanhou."
"Hier was hierdie jaar nie juis blomme nie, maar dink dit sal 'n ideale plek wees om te kom bly vir 'n naweek in blomtyd."
"Dis 'n baie mooi plekkie en die mense is baie vriendelik daar. Het dadelik tuis gevoel."
"Alles het 'n blywende indruk op ons gemaak om te koester en te onthou. Dit was die moeite werd."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land. Ek weet nie of daar baie is om te doen nie so ek weet nie of dit 'n toeristebestemming is nie, maar om daar deur te beweeg vir 'n dagreis is beslis die moeite werd."
"Kamieskroon is die ideale omgewing om Namakwaland se blomme te sien, maar selfs al is daar geen blomme, soos die tyd toe ons daar was, is dit steeds 'n besonderse omgewing wat baie vir die toeris bied. "