Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.
"Unfortunately there were no flowers in the area, even though it was early spring, due to the absence of the seasonal rain. Nevertheless, this was our first trip to this area and, as such, enjoyed the (long) road trip and scenery. Maybe next time when the flowers appear we will visit again."
"Mc Dougallsbaai het ons verras, heerlik stil en veilig met pragtige rotsriwwe en na genoeg aan plekke soos Oranjeriviermond en Kleinzee, "
"One cannot order the flowers to bloom on command. We did not see flowers in the area of Kamieskroon, maybe next time."
"Die Namakwaland het 'n besonderse bekoring met sy rotsformasies, kokerbome en ryk plantlewe. Jy kan hom net werklik geniet as jy stilhou en kyk. Pragtige lelies en miniatuur blomme versier die grond terwyl die veld in 'n blommeprag uitbreek as dit 'n goeie reënjaar is. Maar selfs in droogte tye bly dit 'n plek waar jou binneste tot rus kom"
"We were very disappointed with the roadside litter, especially in Okiep and Concordia."
"Ons was op toer met die doel om te gaan blomme kyk, maar helaas was daar geen blomme hierdie jaar nie. Sal dit weer aanpak indien dit weer mooi sal wees na goeie reën. Dit was nogtans mooi!"
"Die dorp sukkel maar soos al die dorpe in die platteland en dis sigbaar. Die dorp kom effe onversorgd voor, hoewel die strate skoon was."
"Jammer oor die swak blomseisoen maar daar is eintlik baie meer as net blomme. Sal beslis weer kom."
"Dis uniek, gasvry en vir seker nie die stad nie. Daar is 'n rustigheid wat mens sommer kan aanvoel. "
"Blomme in 2017 ongelukkig baie skaars as gevolg van droogte. Hoop volgende jaar is beter!"
"A different and vast place to visit and explore. Saw some amazing things off the beaten track in the mountains. "
"Daar is 'n behoefte aan akkurate inligting oor waar blomme te sien is in die blommeseisoen. Die Weskus blommelyn is nie voldoende, hulle konsentreer op die suidelike dele. Mag Namakwaland gou goeie reën kry! Net die dapperste blommetjies kon die droogte 'oorwin' in 2017."
"Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word."
"Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme."
"Ons het lekker eetplekkie gesoek wat nie net koek en brood bedien nie."
"As gevolg van die droogte het ons nie blomme gesien nie, maar dit bly steeds een van ons gunsteling bestemmings."