Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1872 reviews.
"Ballito has become a home for house breaking and theft especially to holiday makers."
"St Lucia is pragtig. Definitief die moeite werd om na die Wetlands Nature Reserve te gaan - so baie diere gesien, olifante en swartrenosters definitief die hoogtepunt van die dag. Cape Vidal is die beste swemstrand met skoon warm water. "
"Met alles wat nou weer oop is, sal toerisme beslis weer op tel. Die water by St. Lucia strand was baie vuil, maar Cape Vidal reg langsaan, was pragtig skoon."
"It was magical. One of my favorite places to visit. I felt so in tuned with nature it was awesome. I wish I could visit every weekend. People visiting KwaZulu-Natal should 100% see St Lucia."
"Ons is mal oor die dorpie! Daar is soveel om te sien en te doen! Ons kan nooit besluit tussen 'n Bosveld of seevakansie nie, maar hier kry mens beide!"
"Wonderlike, rustige pragtige dorpie. Met pragtige swemstrande en baie om te doen."
"The beach is only accessible through the entrance of the nature reserve; which could be a hassle (i.e. no direct access from the town). However, the beach itself is very nice. The town is very small, with only a Spar for groceries (and a pharmacy and some small restaurants), but we were able to find everything we needed there (quite a nice break from all the crowded malls)."
"Alhoewel ons lekker geby het is Ballito nie meer die lekker klein kus dorpie van die verlede nie - dit is nou te gekommersialiseers met al sy malls en restaurante. Ook te besig met die duisende mense wat soontoe reis vir hul vakansie."
"Ek het nooit voorheen van St Lucia gehoor nie en my man het dit voorgestel vir ons wittebrood. Dit is ’n pragtige dorpie langs die see. Ons gunstelling restuarant is tussen The Dirty Dog, wat langs die hoofstraat is, en Ski Boat Club, wat die mooiste uitsig het en heerlike pizzas. Ons was op die bootrit om na die seekoeie te kyk wat vir seker die geld werd was. Die strande is skoon en die see is die beste temperatuur om in te swem. Ons was ook vir ’n dag Cape Vidal toe - dit is ’n natuurreservaat wat baie bekostigbaar is en dit is verseker dat jy wild op die pad gaan sien. Die strand by Cape Vidal is ook baie lekker en het stortgeriewe om die sand af te was voordat jy weer in die kar klim. Ons sal vir seker weer St Lucia besoek."
"Ek voel dat dit redelik onregverdig is dat mens 'n R105 rand moes betaal elke dag as mens strand toe wil gaan. Vir daardie rede sal ek nie weer Sodwana toe gaan nie."
"Geen Kaarte of Borde om by bestemmings uit te kom nie. Moet belê in 'n Garmin GPS om jou weg te vind. Google Maps werk nie."