Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1789 reviews.
"Lovely town, we built great memories as a family. Thank you Ballito for treating us well."
"Onthou om die getye dop te hou as jy in die rock pools wil gaan snorkel. Vir die beste pizza probeer Lighthouse, en vir die beste seekos maak ’n draai by Mseni."
"Die Noordkus is 'n fantastiese bestemming vir 'n familie met kinders. Goeie weer word gewaarborg (behalwe dalk mid-somer wanneer meer weer verwag word) en die strand en tidal pools is fantasties! Meeste Durbaniete ry self net sover as die Noordkus vir hul vakansies - met rede; dis die beste!"
"GPS werk nie goed in Sodwana nie. Moenie verwag om iets by die Spar te koop nie. Verder is dit 'n lekker vakansiedorpie ons het veral Lake Sibaye geniet."
"As jy wil gaan duik is dit perfek, maar ons het nie juis veel tyd gehad om baie wyd te verken nie.."
"Westbrook Strand is veral 'n pragtige, stiller strand en ons sal enige tyd weer Westbrook toe gaan."
"Mooi omgewing, mense vriendelik, omgewing waar mense bly is skoon en netjies, nie so baie besoekers soos aan die Suidkus nie. (wat ons persoonlik verkies, word nie vertrap nie) Strande is skoon, water helder. Dorpies vol en besig, nie inkopie vriendelik nie, almal probeer geldjie maak, vermy maar sover jy kan, neem wat jy nodig het saam vanaf huis."
"St Lucia is something special. Where else can you drive to the main swimming beach (Cape Vidal), and see most of the Big 5 on the way there and back? Enjoyed the restaurant options, the Hippo estuary cruise (where we learnt about the reasons for opening the estuary back up to the sea), the fresh fruit market, early morning walks through the forests that border the town. Felt safe the whole time. Friendly people, clean streets, lots to see and do."
"Die eerste naweek was verskrilklik met dronk mense wat oral rommel los en dit aaklig maak om Clarke Bay en Salmon Bay te stap, en dit is elke keer die geval as dit naweek of langnaweke is. Ons het in die plaaslike koerant gelees dat die Burgermeester almal se klagtes ernstig opgeneem het en die strande van beide kante met polisieëring te bewaak en alle vakansiegangers se sakke deur te gaan voor hulle op die strand of walkway gaan. Ons het dit elke dag vanaf Hops en die Galley dopgehou en die polisie en gemeenskap het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en almal het beskaafd en rustig opgetree. As dit so aangaan sal baie meer mense hier kom vakansie hou."
"Lekker plek om te gaan rus, strande is skoon, mense is baie vriendelik en is beslis veilig om te stap. "
"Hluhluwe dorp is nie iets om te sien. Daar is baie reservate en parke in die area."
"Beautiful place, but the municipality needs to work on the state of the roads and repair potholes."
"Strande is ongerep en net 'n beperkte aantal mense word toegelaat op Black Rock en Bhanga neck. Warm water en heerlike sandstrande. Prima ligging slegs bereikbaar met 4x4."
"Cape Vidal is asemrowend. Het so baie diere gesien. Renosters, olifante, baie mak kudu's ens. Cape Vidal se strand is 'n baie lekker swemstrand, kan snorkel ook daar."
"Good restaurants, beaches are nice, loads of shops - this time of year weather was warm and sunny."
"Strand is skoon, nie te bedrywig nie, water heerlik warm. Pragtig. Veilig het laataand en vroegoggend op die strand kon loop."