Geverifieerde Resensie

North Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1786 resensies.

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Gerda's Place

"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Villa Mia 12

"Croc & Hippo Tours is 'n moet, en 'n dag spandeer op die strand in Cape Vidal."

Ballito, Noordkus

The Boulders 206

"Ballito self het al die nodige fasiliteite, maar die strand self was nie vir my geskik vir swem nie. Ek moet ook erken dat die weer heel moontlik 'n rol daarin kon speel, maar met die hoeveelheid rotse is die kanse tot besering baie groter. Daar is genoeg sitplekkies op die boardwalk om die "view" te aanskou en vir die ouer mense wat net wil ontspan. "

Ballito, Noordkus

Prosperita

"Sal Prosperita enige tyd aanbeveel en sal weer van verblyf gebruik maak."

Ballito, Noordkus

Billfish Apartments

"Lieflike strande, awesome restaurante! Pragtig verby!"

Ballito, Noordkus

7 Frinton on Sea

"Nuwe ontwikkeling (Mall) is 'n groot inspuiting vir Ballito."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Stone Ridge Luxury Self-Catering Units

"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Flamboyant 10

"Pragtige plek as jy lief is vir die natuur en vir diere en hou van rustigheid."

Zimbali Estate, Noordkus

13 Yellow Wood

"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Tree Top Village @ Urban Glamping

"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Flamboyant 17

"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Tree Top Village @ Urban Glamping

"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."

Salt Rock, Noordkus

Driftwood Coastal Cottage

"Goed geleë - naby groot winkelsentrums en goeie restaurante."

Ballito, Noordkus

Petite Provence B&B

"Kindervriendelik met groot getypoele vol wonderlike visse."

Ballito, Noordkus

Beach Forest Lodge

"Ballito is amazing."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Flamboyant 7

"Must stay for a minimum of 4 nights stay to get to visit all attractions. "

Thompsonsbaai, Noordkus

Marichel 4

"Die swemstrand is vol klippe."

Eshowe, Noordkus

African Dwarf Kingfisher Guesthouse

"It's a great environment for a weekend away to recover and get out of your usual routine for a change. Especially for guys that come from JHB or PTA who want to take some time out and relax."

Zinkwazi Beach, Noordkus

Black Rock Beach Cottage

"Die winkels en garage is net ver. So, sal aanbeveel dat jy jou goed saamvat. Dis 'n stil strand met baie rotse, maar dit pla my nie. Ek geniet dit om te hoor hoe naby jy aan strand is en elke brander kan hoor breek. "

Salt Rock, Noordkus

Driftwood Coastal Cottage

"Wonderlike bestemming - so baie om te sien en doen. Besonder skoon en veilig."

St. Lucia-riviermonding, Noordkus

Oppi Rotse

"Ons geniet St Lucia baie, die natuur is pragtig en so ook is dit skoon en netjies, dankie."

Ballito, Noordkus

7 Frinton on Sea

"Nice bestemming. "

Shaka's Rock, Noordkus

Ocean Gorge Seafront Getaways

"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."

Ballito, Noordkus

Beach Forest Lodge

"Baie rustige kusdorp, definitief 'n plus vir hengel van die rotse af. Ideaal vir mense wat lief is vir stap en die natuur. "

Blad
Blad 53 - Wys 1561 tot 1590
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang