Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7916 resensies.

Springbok, Noord-Kaap

Kliprand Guesthouse

"Lekker rustige dorpie met hartlike warm harte. Sweet. "

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Dis 'n baie rustige en regte plattelandse gemeenskap. Baie vriendelike mense. "

Kuruman, Noord-Kaap

La Ringrazio Guesthouse and Self-Catering

"Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal."

Upington, Noord-Kaap

Alimento Guest House

"Jou regtig van die dorp."

Calvinia, Noord-Kaap

Kleinplasie Gastehuis

"Uiters geskik vir oornag verblyf. Die ontvangs was hartlik."

Groen Kalahari, Noord-Kaap

Slypsteen Accommodation

"Het net deur gery. Maar baie mooi foto opsies om in die omgewing te neem."

Carnarvon, Noord-Kaap

Lord Carnarvon Guesthouse

"Die dorp self bied nie so baie soos die ander 2 nie, maar die omgewing is mooi en daar is die nuwe Meerkatprojek en ons is lief vir voëls kyk en is ryklik beloon met 3 Witkruisarende Geelbekeende, Kopereende Rooipoot Elsies ens."

Williston, Noord-Kaap

Lord Willis Guest House

"Dit is baie oulike dorp met gawe mense en oulike kuierplekke."

Kuruman, Noord-Kaap

Kalahari Hide

"Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp. "

Kuruman, Noord-Kaap

Safari Travelodge

"Baie, besige klein dorpie."

Colesberg, Noord-Kaap

The Lighthouse Guesthouse

"Dit was vir ons interessant om Colesberg te sien en te beleef. Die tyd was net te kort om werklik te kan kommentaar lewer as toeristebestemming aangesien ons bloot oorgeslaap het."

Warrenton, Noord-Kaap

Fish Eagle's Call

"Regtig niks om te sê van so 'n verwaarloosde dorp nie."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Gaan kuier by Kgalagadi Lodge dit is 'n belewenis."

Askham, Noord-Kaap

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse

"Klein dorpie, maar die ligging naby aan die Kgalagadi park maak dit 'n goeie oorblyplek vir die wat nie self binne die park kan bly nie."

Noord-Kaap

Kalkgat Avontuurplaas Calvinia

"Sekere areas het soveel potensiaal, maar dit kom voor of daar nie baie belangstelling is om die toerismebedryf te bevorder nie. "

Springbok, Noord-Kaap

Arendsnest

"Springbok is regtig 'n juweel in Namakwaland, mense is almal baie vriendelik en behulpsaam met aanwysings en aanbeveling vir eetplekke en enige navrae. Daar is meer as net klip en sand in Sprinbok. 'n Mooi natuurskoon, anders en dit baie geniet. "

Britstown, Noord-Kaap

Rooidam Cottages

"Not really that much to do in Britstown."

Britstown, Noord-Kaap

Rosedale Guest Cottage

"Altyd spoedkameras in die area. Bly maar by die spoedgrens!"

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

De Swarte Mossel

"Hondeklipbaai vat jou terug in tyd. Mens leer weer hoe om mens te wees, dankbaarheid is oral te siene in die dorp. Die veiligheid van die dorp was iets om aan gewoond te raak, veral as jy van Johannesburg kom. As jy soek vir 'n rustige atmosfeer is dit die plek vir jou. Honde is ook natuurlik oral welkom in die dorp."

Colesberg, Noord-Kaap

Annelines Guest House

"Indien jy baie ver moet reis (ek was op pad Lady Grey toe), is Colesberg 'n goeie afstand om te oornag. Daar is heelwat eetplekkies asook 24 uur kitskos restaurante o.a. 'n KFC deurry."

Carnarvon, Noord-Kaap

Maritza Guest House

"Die plaaslike owereheid moet kyk na die infrastruktuur, want Carnavon het baie om aan 'n besoeker te bied. Veral die Blikkies Bar & Grill was 'n groot aantrekkingskrag. "

Colesberg, Noord-Kaap

Annelines Guest House

"Good stop over between Johannesburg and Cape Town. Quiet town but locals are friendly and courteous. "

Williston, Noord-Kaap

Ark Gastehuis and Williston Mall

"Trotse, skoon, netjies en interessante karoodorpie. Ons het teen die koppie om uit te klim en na die mooiste sonondergange te kyk. Baie lekker geëet by Manna restaurant. "

Prieska, Noord-Kaap

Overnight @ Prieska

"Baie skoon netjiese dorpie in 'n pragtige boerdery ongewing op die Oranje se walle."

Springbok, Noord-Kaap

Springbok Inn

"Pragtige dorpie tussen die berge."

Keimoes, Noord-Kaap

Ou Skool Guest House

"Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie."

Springbok, Noord-Kaap

Sperrgebiet Lodge

"Die lodge is naby genoeg aan Springbok om jou inkopies te gaan doen vir jou reis verder, maar steeds vergenoeg dat dit glad nie voel of jy naby 'n dorp is nie."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Ver vanaf Gauteng/Mpumalanga, maar die Kgalagadi Park is 'n moet vir enige natuurliefhebber."

Blad
Blad 210 - Wys 6271 tot 6300
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang