Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Hondeklipbaai vat jou terug in tyd. Mens leer weer hoe om mens te wees, dankbaarheid is oral te siene in die dorp. Die veiligheid van die dorp was iets om aan gewoond te raak, veral as jy van Johannesburg kom. As jy soek vir 'n rustige atmosfeer is dit die plek vir jou. Honde is ook natuurlik oral welkom in die dorp."
"Indien jy baie ver moet reis (ek was op pad Lady Grey toe), is Colesberg 'n goeie afstand om te oornag. Daar is heelwat eetplekkies asook 24 uur kitskos restaurante o.a. 'n KFC deurry."
"Die plaaslike owereheid moet kyk na die infrastruktuur, want Carnavon het baie om aan 'n besoeker te bied. Veral die Blikkies Bar & Grill was 'n groot aantrekkingskrag. "
"Good stop over between Johannesburg and Cape Town. Quiet town but locals are friendly and courteous. "
"Trotse, skoon, netjies en interessante karoodorpie. Ons het teen die koppie om uit te klim en na die mooiste sonondergange te kyk. Baie lekker geëet by Manna restaurant. "
"Baie skoon netjiese dorpie in 'n pragtige boerdery ongewing op die Oranje se walle."
"Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie."
"Die lodge is naby genoeg aan Springbok om jou inkopies te gaan doen vir jou reis verder, maar steeds vergenoeg dat dit glad nie voel of jy naby 'n dorp is nie."
"Ver vanaf Gauteng/Mpumalanga, maar die Kgalagadi Park is 'n moet vir enige natuurliefhebber."
"Lovely and remote for us who love this. Maybe would be a shock to people who are expecting a seaside village."
"Het familie en eeue oue familie plaas besoek, dus nie op toerisme gefokus, maar dit was duidelik dat Douglas soveel meer van hul besienswaardighede kan maak. Die wynverkope sentrum was baie goed. Al die restaurante wat ons besoek het, was van goeie kwaliteit met redelike diens. Maar die toerisme besienwaardighede kan beter bestuur word. Min inligting oor die argeologiese, geologiese en meer onlangse historiese geskiedenis van die dorp is beskikbaar vir toeriste. Die neus se terrein is in 'n baie verwaalose toestand; wou graag na die gleteser baan op die Douglas/Prieska-pad besoek en het afgedraai by die aanwysingsbord maar die pad is nie regtig begaanbaar, met die spilpunt, nie i.e. pad was onder water a.g.v. 'n ernstige lek van die pype en het verdwyn na 'n tyd, 'n elektriese draad was ook so na aan die pad dat dit ons dit nie wou waag om daar verby te skuur en moontlik te skok nie. Ons het omgedraai sonder om die gletser baan te siene te kry. "
"Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry."
"Dis 'n pragtige omgewing wat verken moet word. Ritte tussen die landerye, besoek aan Augrabies waterval en Riemvasmaak is vol verrassings. Dorpe soos Upington en Keimoes vertoon netjies en interessant, maar Kakamasdorp is 'n teleurstelling. Ek sê dit nie maklik nie want ek het daar grootgeword. Die strate is vuil en vol slaggate en die hoofbegraafplaas is verniel en 'n weiplek vir die buurt se bokke en donkies. Die munisipaliteit behoort hom te skaam! Die toeristekantoor in die historiese transmatorgebou was nie eens oop oor 'n naweek toe die omgewing gewemel het van die toeriste nie."
"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."
"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."