Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Ons was op pad na Sutherland en plaaslike mense het ons aanbeveel om via Matjiesfontein om te ry. Ons was aangenaam verras. Dis 'n pragtige pad en Matjiesfontein is 'n fees."
"Klein dorpie met nie veel om te doen, soos mens verwag. Ons het die museum besoek en dit was 'n goeie ondervinding. Die personeel baie vriendelik."
"Mooi Karoo-dorp. Het Chris Schoeman se "The historical Karoo" publikasie nuttig gevind om historiese geboue & besienswaardighede in dorp te vind."
"Was verbaas oor die hoeveelheid goeie restuarante. Het lekker geeet by Inni Kraal."
"Keimoes is so 'n mooi deel van ons land. Net jammer dat, soos met so baie ander dorpe, die munisipale dienste net nie meer op standaard is nie. "Plastiekblomme" (rommel langs die pad) doen dit net nie vir ons nie. Ons bly egter hoopvol dat 'n kultuur van omgee vir die natuur en omgewing by alle inwoners van hierdie mooi land sal posvat. In die kusdorp waar ons woon, dra ons 'n rommelsak saam wanneer ons gaan stap en spreek rommelstrooiers vriendelik aan wanneer hulle mors. Hopelik maak ons hierdeur self 'n verskil. "
"Kamieskroon is in 8 jaar tijd gegroeid als onderkomen voor reizigers en rustzoekers. Er is meer onderkomen die bij deze tijd past, rust en natuur."
"Colesberg not as a holiday destination but great as a midway stopover to the Cape."
"Jammer die Williston "Mall" was reeds toe maar 'n baie interessante bemarkingsidee."
"Mooi skoon woonbuurt, trouens die hele dorp is, het daar al gebly ook. Kan net straatname op sementblokke op sypaadjies verf."