Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7944 resensies.
"Oulike dorpie met baie karakter en baie rustige gevoel heers in die dorp en mense."
"Hanover is klein en stil, maar het baie potensiaal. Dit is die ideale plek om te rus na en voor 'n lang dag se ry."
"Colesberg is an ideal location as a stopover between Cape Town and Johannesburg. It has some delightful restaurants offering excellent quality foods."
"Soos elke plattelandse dorp is die plek maar verwaarloos en strate in 'n toestand - dankie tog vir ordentlike oorslaap fasiliteite!"
"Ons voertuig het onklaar geraak. Die auto electrician by die Caltex garage is 'n wonderlike aanwins vir die dorp. Hy het groot probleem uitgesorteer teen baie billike tarief buite normale kantoorure. Die Plattelander restaurant is beslis ook groot aanwins en waarde vir geld."
"Richmond is almost exactly halfway between Cape Town and Johannesburg and is a good overnight town to visit, whilst travelling between the two."
"We have been overnighting at Colesburg for years and find it perfect as an overnight destination. Restaurants should be marketed more though. The OK (shop) is really well stocked and useful."
"Gaan besoek gerus die Padstal - slaghuis net om die hoek van die Spar in die hoofstraat, vir heerlike biltong, droëwors en Karoo-skaapvleis, bedien deur aangename, vriendelike mense."
"Ongelukkig nie lank genoeg in Springbok vertoef om dit as 'n toeriste-bestemming te kan ervaar nie. Dis egter 'n pragtige, skoon dorp met baie vriendelike mense!"
"Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam."
"Daar is baie te sien in die omgewing en mens kan gerus Keimoes as jou basis kies om rond te ry na die verskillende besienswaardighede."
"Ons het ongelukkig so laat arriveer dat ons nie Hanover kon verken nie. Was wel by die pragtige kerk. Sou graag meer van die dorpie wou sien!"
"Die kerk is steeds mooi. Huise oorkant die kerk lyk interessant, maar is nou verwaarloos. Ek sal nie die dorp as sodanig aanbeveel nie. "