Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6267 reviews.
"Walvisboot is gekanselleer alhoewel die wind en weer vir 'n mens perfek lyk is dit blykbaar 'n ander storie op die oop see, so weet dit net."
"Dis 'n mooi en rustige omgewing, maar wees bedag op diefstal/inbrake! Gebruik alarms en laserstrale by die huis, dis daar met 'n rede!"
"Dis 'n stillerige plek weg van die hoofroetes af, maar dis die natuurskoon en rustigheid wat ons trek. "
"Gansbaai sou, wat ons betref, die perfekte plek gewees het om te gaan aftree. As daar 'n hospitaal was. Die res is alles daar. As 'n mens oud word kan jy die tipe dienste nodig kry en ongelukkig is dit al wat daar ontbreek."
"Dit is my aftree dorpie. Ek het baie verlief op Gansbaai geraak die eerste keer toe ek daar aangekom het."
"Very friendly place, lots to see and do, very nice restaurants and coffee shops. Popped into the Spar and was personally helped by the owner even though I was just buying a couple of bits to eat, never experienced such friendly service before. "
"Pragtige strande en heerlike swemplekke. Lekker sandduine om te hardloop, asook ideale plek vir fotograwe."
"Die vraag oor Lessenaargeriewe in ons kamer was vir ons irrelevant. In die kombuis was 'n heerlike groot tafel wat 100% aan ons behoeftes voldoen het."
"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"