Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1616 resensies.
"Dit is 'n oulike, geskiedkundige dorpie met baie interessante huisies. Dit is die moeite werd om dit te besoek as jy rustigheid verlang. Daar is lieflike, goed aangeduide staproetes in die omgewing."
"Die hoofstrate na baie van die watervalle en besienswaardighede is verskriklik sleg. Daar is diep slaggate oral."
"Daar is nie veel by Kaapsehoop te doen nie, behalwe om te ry Barberton, Witrivier of Nelspruit toe. Rustig vir persone wat net wil rus."
"Die paaie is so vol slaggate dat mens eerder moet loop as ry. Tog is dit 'n interessante dorp en die uitsig oor die laeveld is baie mooi."
"Dis 'n sjarmante dorpie met huise wat dateer uit ’n ander era. Dit kan belangrik wees vir natuurliefhebbers om die weer dop te hou. Dis hooggeleë en as die dorpie bedek is met mis of dit reën aanmekaar, is die pragtige natuurverskynsels nie sigbaar nie."
"Great scenery but spoilt by litter and some poor roads. In my map book - published by tinkers - Mbombela is in the Lowveld Region and not the Panorama Route at all! Panorama ends just north of White River."
"Daar is baie om te doen. Jy betaal net tussen R10 en R50 om na die watervalle te gaan kyk. Probeer dit ook in die week doen as daar minder mense is. Baie mooi omgewing."