Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1616 resensies.
"Daar is 'n paar huise en strate wat bietjie verwaarloos is in die omgewing. Graskop is lekker sentraal en as jy van stilte hou, baie lekker."
"Ons was op die verkeerde naweek in Graskop. Die Lift en die restaurant is 'n belewenis en 'n besliste ja."
"Sabie is 'n baie mooi, natuurlike trekpleister. Watervalle en mooi omliggende areas om te sien."
"Beautiful destination. Would highly recommend a holiday in the region."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"Sabie is nog altyd vir my en my gesin die beste plek in Suid-Afrika. Maar ongelukkig vandat dit dorp van die jaar was het dit begin agteruit gaan, veral na die Covid 19-pandemie. Ek hoop die munisipaliteit begin hulle pêrel van 'n dorpie reg te maak sodat hulle weer kan tops wees."
"Julle kan gerus iets doen aan al die slaggate, van die sy strate het meer gate as pad."
"Pragtige natuur. Baie om te sien. Moet net nou kop hou met al die padwerke daar. Ook naby Pelgrimsrus."
"Graskop is 'n wonderlike dorp om te verken en bied verskeie besienswaardighede. Dis beslis 'n besteming om te gaan sien i.e God's window en Graskop Lift. Die Waffle Hut is 'n versteekte juweel en bied die heerlikste wafels aan, vir seker 'n moet in die dorp."
"Daar moet meer toeristebemarking gedoen word en die dorpie moet weer in sy volle glorie herstel word. Die plek het baie potensiaal, veral met die klimaat."
"The restaurants "Devine Me" and "Canimambo" had great service and made us feel very welcome. We could walk home safely after eating out for supper. The Jock Trail had breathtaking views and was a wonderful place to spend time."