Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 958 reviews.
"Ongelukkig het Covid skade aangerig en sekere winkels se kwaliteit het verswak of ander winkels het verdwyn! Dis so jammer - meer toeriste word benodig om die dorpie weer rooi te verf."
"Ons het die Perdeskou in die Afri Dome bygewoon. Daar was ook tyd om die pragtige Parys winkeltjies te verken. Daar is voorwaar genoeg restaurante om in enige behoefte te voorsien."
"Most of the guest houses are reachable en close to the essential service providers."
"Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ek vermoed Covid19 het bietjie 'n demper op die dorp geplaas. Van die restaurante is gesluit, wat bitter jammer is. Hoop hierdie sal ook gou verbygaan."
"Dit is 'n baie lekker plek om te besoek en bied verskeie aktiwiteite aan. Die winkels en restuarante is besonders. Parys is self ook baie mooi."
"Daar is baie om te sien en te doen in en om Parys. Al die klein winkeltjies en koffieplekke is n fees. Die mense is baie vriendelik en die dorp is netjies."
"Niemand was in Parys as hulle nie die Welkom Kafee se "Big Daddy Burger" geëet het nie en natuurlik met vars slaptjips!"