Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 938 resensies.
"Ons het die Perdeskou in die Afri Dome bygewoon. Daar was ook tyd om die pragtige Parys winkeltjies te verken. Daar is voorwaar genoeg restaurante om in enige behoefte te voorsien."
"Most of the guest houses are reachable en close to the essential service providers."
"Pragtige winkeltjies en eetplekkies. Ek vermoed Covid19 het bietjie 'n demper op die dorp geplaas. Van die restaurante is gesluit, wat bitter jammer is. Hoop hierdie sal ook gou verbygaan."
"Dit is 'n baie lekker plek om te besoek en bied verskeie aktiwiteite aan. Die winkels en restuarante is besonders. Parys is self ook baie mooi."
"Daar is baie om te sien en te doen in en om Parys. Al die klein winkeltjies en koffieplekke is n fees. Die mense is baie vriendelik en die dorp is netjies."
"Niemand was in Parys as hulle nie die Welkom Kafee se "Big Daddy Burger" geëet het nie en natuurlik met vars slaptjips!"
"Aangenaam verras. Vaalrivier is lekker en pragtig. Mense/eienaars van winkels en restaurante is baie vriendelik. O's restaurant, Hoi Poloi, Plum Tree, Candy Man, Ietsie Moois en Pine's antique's en meeste ander winkels was baie lekker om te besoek en goeie kwaliteit produkte. Het 'n heerlike naweek in Parys beleef. Die White River Rafting was ook baie lekker, smeer net genoeg sonroom anders brand jy blase!"
"Enigste groot probleem in die Breëstraat. Die eiffeltoring is af gehaal wat wat 'n groot trekking is vir baie mense. Nie veel van jul inwoners het eers geweet dit is afgehaal nie. Vir ons eerste keer in Parys was dit nogal 'n teleurstelling dat ons so baie mense moes vra waar dit is en 99% van die inwoners het nie eers geweet dat die toring afgehaal is nie. Die brug by die slotte, asb. tog maak 'n plan met die taxi;s wat daar stop en musiek speel, mense wat daar sit en drink, dronk is en dans op hul musiek, mens voel nie veilig daar nie. Dit gaan 'n probleem raak vir Parys. Verder wil my man net grond koop en daar aftree, maar ons sal maar nog besluit."
"People were friendly and a weekend doesn't do it justice so will definitely go back soon. It's a beautiful town with the most interesting shops and restaurants. Candyman is a Fudge Paradise as well as Sweets from Heaven."
"Had some delicious meals and watched rugby at a lovely pub. Had some drinks at a waterhole next to the river. Plenty of shops and everybody was very friendly."
"Die rivierbesoedeling degradeer die plek geweldig baie. Dit besoedel ook Parys se lieflike kunsuitstallings, eetplekke en ontspanningsgeriewe, veral kunsvlieghengel."
"Enigste nadeel is slegte potholes in Parys se strate. Dit kan die stadsraad beslis aandag aan gee."
"Ek het Parys besoek in 2013 laas en was baie baie teleurgesteld toe ek weer in 2021 daar kom, daar kort dringend aandag aan die dorp. Baie potholes geen padmerke (verf ) nie. Dit is baie hartseer om te sien hoe so mooi dorpie so verander het."
"Baie van Parys se strate moet jy wonder waar is die straat, want strate bestaan uit gate. By vorige besoeke aan Parys 'n jaar gelede het ons dieselfde ervaar."
"Pragtige, rustige dorpie. Oulike winkeltjies en restaurante. Lekker om van die stad af weg te breek vir 'n naweek."