Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 938 resensies.
"Heerlike eetplekke en baie winkels om in rond te loop. Maak net seker van die toemaak tye. Saterdae is dit 4 uur en Sondae is dit 2 uur. "
"1ste besoek aan Parys en dit was ongelooflik! Soveel om te ontdek, doen en natuurlik koop. Parys is my nuwe ontspanplek."
"Sal beslis weer gaan. Die mense van Parys is ongelooflik vriendelik en behulpsaam."
"Parys is 'n baie rustig plek. As mens wil gaan afsluit is dit die plek om te wees. Die mense is baie vriendelik en doen moeite om jou te akkommodeer. Dit is voorwaar 'n rusplek."
"Kreatiewe Harelus-mark, wonderlike winkeltjies, vriendelike mense en baie mooi natuurskoon! "
"Nice place to visit with lots of quaint shops and places to eat and visit. There are also many other activities in the surrounding areas. "
"Wat 'n besondere plek om te besoek en al die mense is so vriendelik en behulpsaam. "
"Ek en my man wou nie terugkom Johannesburg toe nie. Sal maklik in Parys kan aftree."