Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 938 reviews.
"Parys is 'n baie lekker kuierdorp, vriendelike mense en baie oulike eetplekke. Winkeltjies het ook ietsie vir almal se smaak."
"Sal dit enige tyd weer besoek - bietjie langer oorbly en meer plekke besoek."
"Baie jare geneem om daar besoek af te lê en was beslis nie teleurgesteld nie."
"Vir die wat nog nooit in Parys was nie, jul kan gerus "Die Plek" by O's restaurant besoek vir die mooiste sonsondergang en die lekkerste pizza's. O ja, en drink gerus 'n "Gingerberry" by die Plum Tree Vintage restaurant."
" Nee is 'grand', lekker atmosfeer in die dorp met die baie koffiehuise. "
"Parys is besig om stof te skop in die oë van 'n paar ou gevestigde "bestemmingsdorpies". Mooi Parys hou dit hoog."
"Baie oulike dorpie. Baie besig met aktiwiteite oor naweke. Die avontuurlustige sal iets daar kry om te doen."
"Daar is heelwat te doen in Parys self. Ons het by O's gaan aandete eet en ek kan dit enige tyd met geruste hart aanbeveel. Die kos en diens was uit die boonste rakke. Ons het The Dell Cheetah Centre ook besoek en was dit ook `n baie aangename en interessante ondervinding. Sal dit ook aanbeveel. The Dog and Fig Pub and Grill was ook `n goeie ondervinding en sal ons weer daar besoek aflê."
"Parys is goed geleë en daar is baie sienswaardighede ... alles is om jou en jy het nie nodig om ure te ry om daar uit te kom nie. Ek dink net dat die boeregemeenskap 'n bietjie meer by die ekonomiese welstand van die dorpie betrek moet word soos bv. by boeremarkte. "
"Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word! "
"Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie."
"Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie."
"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "
"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."
"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
"Parys is 'n baie ontspannende en rustige dorpie met baie oulike eetplekkies en winkels. Baie buitelugaktiwiteite."