Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1451 resensies.
"Wees versigtig vir mense wat kreef wil smous. Hou maar waardevolle besittings weg uit die oog. 'Petty crime' is aan die toeneem. Maar Paternoster bly 'n juweel van 'n plek met die mooiste skoon strande."
"Paternoster is 'n pragtige, skoon, rustige en asemrowende vakansiebestemming. Weg van die stad se lawaai waar jy net rustig kan ontspan en jou kan verkyk aan die oulike huisies en winkeltjies."
"Ek sal meer winkels wat alledaagse goed verkoop verkies. Vervoer was 'n problem daar was geen Uber of ander taxi-fasiliteite nie."
"Weskus op sy mooiste! Bied geleentheid om rustig te wees, maar daar is ook lekker baie om te doen as mens lus is daarvoor."
"Restaurante se kos is lekker en diens is baie goed. Blikkie pizza vra R40 vir dubbel espresso, R20 vir single! Dit werk nie so nie, dubbel espresso net R30. Vra by ander top restaurante! Gaaitjie was fantasties! Kos en diens en tafel! Breakfast om die draai van Strandlopertjie was ook baie goed! "
"The only upsetting part of Paternoster is the lack of control on the sale of crayfish. Soon there will be nothing left there!"
"Dit was soos altyd n lekker wegbreek. Julle sal my gou weer sien'. "
"Wou graag langer gebly het. Die bedelaars word 'n oorlas maar verder is dit 'n besonderse plek."
"Dis 'n pragtige vakansiebestemming met 'n pragtige strand en alles is loopafstand. Daar is oulike winkels en voortreffende restaurante waar almal baie lekker sal kuier."
"Beste Weskusdorpie met wonderlike mense en Weskuskultuur. Heerlike kos. Plek om altyd na terug te gaan. "