Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1451 resensies.
"Tydens ons verblyf was daar heelwat dooie diere op die strand, onder andere dooie seemeeue, robbe en selfs 'n bokkie. Die feit dat dit daar gebly het en nie opgetel/skoongemaak is vir meer as 4 dae wat ons daar was is onaanvaarbaar. Ons het met "e-bikes" van Paternoster tot by die ligtoring by Tietiesbaai gery - wat 'n belewenis en baie pret met die mooiste natuurskoon."
"It is sad that the locals are becoming progressively more insistent in attempting to sell their wares and/or beg."
"Pragtige vissersdorpie - die winkels (behalwe die Algemene Handelaar) is buitensporig duur. Dis jammer."
"Paternoster is seker een van die mooiste en karaktervolle plekkies in die land. 'n Absolute moet besoek aan die Weskus."
"Pragtige kusdorpie met sy interessante klein winkels en lekker restaurante. Gesmul aan seekosse. Die pragtige strand met sy wit sand geniet."
"Many restaurants to choose from and the people are so very friendly wherever you go. An absolutely wonderful village."
"Soos die Engelse sê: 'n bit overrated maar nog tans 'n besoek werd. Ons was gelukkig om skole vol walvisse wat in die baai baljaar te sien."
"Great beach. Restaurants are outstanding. Tranquillity unbelievable. On the negative side - Crayfish sellers are a nuisance."