Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1460 resensies.
"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"
"If you are looking for a place to put your feet up, braai, walk on the beach and drink lots of wine, this is the place for you."
"Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens. "
"Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar."
"Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry."
"Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse. "
"Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous."
"Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn."
"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."
"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
"Have to visit. It is a quaint and idyllic West Coast town unlike many you will ever see."
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "