Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1460 resensies.
"Enigste bekommernis was veiligheid, maar ek het nooit onveilig gevoel nie. Pragtige strand!"
"Ja met elke besoek brei die plek uit, sou nie wou hê dit moet nog meer uitbrei nie, want dis juis wat dit so uniek maak. Daar is nou soveel eetplekke en almal wil hul pond vleis hê. Hou pryse billik vir jul mede Suid-Afrikaners, want die geskenkwinkels is net vir oorsese besoekers wat prys aanbetref. Verder is die dorp nog skoon en almal is vriendelik."
"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "
"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."
"As jy wil afskakel en ontsnap van al die gewoel, is dit die plek om na toe te vlug."
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Paternoster is die perfekte bestemming vir 'n vakansie waar mens wil afskakel en net relax."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."
"Jy moet beslis elke plekkie gaan besoek - soveel om te sien en te ervaar! Mens kry sielerus daar!"
"Paternoster steel jou hart en siel in een dag. Die eevoud en vriendelike mense laat jou onmiddellik tuis voel en sonder sorge. Hier gaan dit oor goeie kos, menslikheid en die son op jou gesig en seesand tussen jou tone."
"Wonderlike (en groeiende) Weskus-dorpie. Regte plek om 'n paar dae lekker te ontspan."