Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 589 resensies.
"My vrou is 'n uitstaller by Aardklop en as dit as 'n maatstaf gebruik moet word weet ek nie wat jy as toeris daar gaan doen nie."
"Potchefstroom self sal ek nou nie aanbeveel vir 'n toeristebestemming nie, maar as jy net so entjie in Parys se rigting ry, is daar ongelooflike plekkies in die natuur naby die Vredefortkoepel en die Vaalrivier."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"'n Inligtingsblad oor Potchefstroom sou handig wees, maar gelukkig het die internet gehelp."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Country Garden Guest House"Potchefstroom kom baie verwaarloos en vuil voor as jy deur die strate rond ry."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Twin Palms Guesthouse"Maklik om te vind en na punte van belangstelling te beweeg."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Hill Manor"Dis lekker geleë. Naby klomp plekkies wat besoek kan word. Al is dit in 'n besige straat, hoor mens nie die verkeer nie."
"Naby aan die NWU-kampus. Glo wel die area kan gevaarlik raak na donker."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Jakkalsdraai Guest House"Die area het agteruitgegaan, voel dit vir ons, en alhoewel mens vrouestudente sien alleen rondloop het dit gevoel of ek huiwerig sal wees om daar rond te loop. Ons het 'n baie oulike lodge so 10 minute van daar gaan aandete eet. Die kos was maar teleurstellend vir die prys, maar daar was 'n mooi plekkie om die sonsondergang te geniet langs die rivier en 'n kaggel binnekant so ons het lekker daar gekuier. "
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Hill Manor"Soos enige plek in Suid-Afrika is die netheid van strate en versorging van sypaadjies 'n uitdaging. Ons besoek nie Potch as toeristebestemming nie, maar omdat ons 'n kind aan die PUK het."
"'n Woelige dorp met baie om te sien en 'n gasvrye atmosfeer. Die studente is net so vriendelik soos die ou Potchefstroomers."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"Ek sou graag inligting oor die besienswaardighede en geskiedenis van die dorpie wou kry, maar het nie geweet waar om te gaan soek nie. En daar is so baie plekke wat interessant gelyk het, van die grafte tot die ou Snowflake Meule en Rotary Clubhouse!"
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Adato Guest House"Ek bly in sentraal Potchefstroom t.w.v. besigheid. Ek sien dit nie regtig as 'n toeristebestemming nie."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"EK was daar vir 'n week kursus, so het min tyd gehad vir ander besienswaardighede."
"Ek sal môre daarheen trek as ek kon, die atmosfeer daar is so anders as hier in die stad. Almal het tyd vir mekaar, mense was so vriendelik en behulpsaam en was so verbaas om te sien hoe almal nog vrylik rondloop en kinders in strate speel sonder vrees."
"Lekker plattelandse dorp met al die nodige winkels en restaurante wat jy nodig het."