Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1078 reviews.
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "
"Ongelukkig, soos met baie ander dorpe, is die ingang na die dorp redelik bestrooi met plastieksakke en 'n woonbuurt wat regtig baie raserig is deur die nag. Mens hoor dit kilometers ver. Die res van Prins Albert is egter ongelooflik mooi, baie mooi argitektuur en vol karakter. Ons het die dorp en wat dit bied baie geniet."
"Lovely town. Lots to explore. We especially enjoyed our visits to Gays Guernsey Cheese factory, the Karoo Kombuis and O for Olive olive farm. Lots of friendly people all round. Also travelling via the Swart Berg pass to Oudshoorn is an experience that should be on everyone's bucket list."
"Belangrike historiese skat wat pragtig bewaar word. Fransie Pienaar Museum se mense was baie vriendelik en het ons baie tuis laat voel. So ook Avoova se mense."
"Pragtige dorpie, waar jy rustigheid kan ervaar en weer kan herlaai van 'n gejaagde lewe."
"Pragtige dorp met verrassend baie besienswaardighede in die dorp en omgewing."
"Dit was nie ons eerste besoek aan Prins Albert nie, maar ons bly verstom. Misdaad vier nie hoogty hier nie en die dorpie is prentjiemooi."
"Pragtige dorp in die Karoo met genoeg lekker eetplekke en goeie kuns en snuffelwinkels en eindelose vistas. Die dorpsmense is vriendelik en gasvry en mens voel die pols van die Karoo hier."
"Prins Albert is 'n rustige Karoo dorpie met net daardie iets anders. Rus vir die siel."
"Prins Albert is 'n pragtige fraai Karoo dorp maar die beste is die reis daarna. Die Meiringspoort en die Swartbergpas is ongelooflik mooi."
"A friendly, arty town, great for a short stay. Visit wine and olive farms nearby. A highlight was the awesome mountain scenery going there via Meirings Poort from Uniondale and leaving via the Swartberg Pass."
"Vreeslik aangenaam verras deur Prins Albert - soveel karakter en skoon, netjiese strate. Heerlike atmosfeer en uitstekende restaurante! Lieflik ook vir fietsry en stap! Definitief aan te beveel!"