Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1027 reviews.
"Dit is 'n pragtige Karroo dorpie met 'n lang geskiedenis. Ons tweede besoek in soveel maande."
"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."
"Dis ons eerste keer dat ons Prince Albert besoek en ons was aangenaam verras met die plek. Een dag is te kort om deur alles wat die dorp aanbied te kyk - twee volle dae sal dalk ideaal wees."
"Wat 'n pragtige mooi en skoon dorpie. Met interessante geskiedenis en oulike winkels en 'n paar lekker eet- en koffiewinkels. Sit Prins Albert op jou moet besoeklys."
"Baie aangenaam. Lekker dorpie met oulike winkels en lekker restaurante en koffie winkels. Die naby geleë Swartberg pas is een van die mooiste plekke in SA."
"Die pragtigste plekkie met 'n verrassing om elke hoek. Mens kan beslis nie net vir een nag hier oorbly nie."
"Soos altyd bly Prins Albert 'n heerlike dorp om te besoek met sy netjiese voorkoms, lekker eetplekkies en pragtige natuurskoon."
"Prince Albert is a place that one feel to go back to more than once. It is a wonderful experience; the town and the surroundings. Thank you for the stay."
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."