Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 515 resensies.
"Beste plek ooit, geen geweld sover en beslis 'n toegeruste vriendelike plek. "
"Ek sal enige tyd terug kom vir die wyn in die area, as ook die kos by Bourbon Street."
"Dis altyd 'n vriendelike dorp en almal verwelkom jou as jy in die dorp loop. Mens voel veilig en als is naby so ek like als van die dorp."
"Pragtige dorpie met besienswaardighede. Heerlike restaurante naby die gastehuis."
"Pity about the current roadworks and stop-and-go’s. Otherwise lovely area for wine tasting."
"Die parkering by die Spar-sentrum is net 'n probleem anders is dit 'n baie lekker plek."
"Was verras oor hoe baie goeie wynkelders in so 'n kompakte area is. Ons het heerlik gekuier, wyn en olywe geproe. Die bootrit by Viljoensdrif is 'n moet! "
"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"
"Dis 'n pragtige dorp en omgewing - Sal definitief weer besoek en verder verken."