Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2056 resensies.
"Die strand was nie regtig beskikbaar nie, maar was te verstane a.g.v. die vloede wat daar was."
"Margate se strand self was toe vir swemmers, en die mense wat gewoonlik sit en goedere verkoop het baie afgeneem, dalk omdat ons buite seisoen daar was, maar Lucia strand was baie nice. Margate se eetplekke was van die beste. The Grove, Papa Rika en Mosambik was die beste."
"Die mense is vriendelik en besighede is dankbaar vir die ondersteuning."
"Pennington was 'n baie lekker plekkie ek moet erken. Hulle kan dalk net aan hulle paaie werk. Ons het baie lekker vakansie gehou, behalwe vir al die reën vir die eerste paar dae, maar andersins was dit awesome."
"Mooi woongebied, maar vakansiegangers moet na restaurante en ander vermaak ry."
"Hulle kan gerus meer aandag daaraan gee om die strande meer gereeld skoon te maak. Ons met menigte male stukkende glasbottels opgetel wat uit die see uitspoel. As 'n ouer van 2 klein kinders sien ek dit as 'n groot gevaar."