Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 644 resensies.
"Stellenbosch bly een van die voortreflikste toeristebestemmings in die wêreld en 'n moet vir wynliefhebbers wat graag die wynplase in die omgewing wil verken."
"Stellenbosch was altyd 'n uitsonderlike plek, maar die verkeer maak dit moeilik en nie meer so lekker om te besoek nie. Die plek bars uit sy nate."
"Altyd 'n lekker vibe, besige koffiewinkels en restaurante tot op die sypaadjies, net soos in Europa! Ek geniet Stellies en oorweeg om my daar te gaan vestig."
"Puik! Ons het dit baie geniet, baie besienswaardighede en plekke wat ons kon gaan besoek."
"Stellenbosch makes you feel like you're in the countryside and it's not even an hour's drive from our home. We love Stellenbosch, that's why we frequently visit it."
"As jy lief is vir wyn, kan jy nie in 'n beter dorp gaan bly nie. Duisend wyne om van te kies en slegs 'n paar minute van die see af (Strand en Gordonsbaai). Naby geleë dorpe maak vakansie hou soveel lekkerder. En S'Bosch se studente is iets vir die oog!"