Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 679 reviews.
"Stellenbosch is 'n heerlike toeristebestemming, maar net baie duur. "
"Stellenbosch se berge, bome en netheid is pragtig Die gebrek aan parkering en erge vervoerknope is 'n kopseer. Ons het Woordfees baie geniet en die pendeldiens was uitstekend!"
"Pragtige omgewing, met heelwat om te doen. Dit is naby al die mooiste Bolandse dorpe, maar die rustige atmosfeer maak dit 'n rustiger oornagplek."
"Pragtige plaasomgewing naby alle dorpe en stede, asook Stellenbosch Universiteit."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
"Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
de Oude Meul Guest House"Groot lawaai van mense en veral motors tot laatnag en weer vroegoggend."
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."