Geverifieerde Resensie
Storms River
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Storms River bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 378 resensies.
"Fantasties! Beplan Canopy Tours en scuba vir volgende besoek en om volgende keer meer as 1 nag oor te bly. "
"Baie aktiwiteite in die omgewing en het eintlik baie meer tyd nodig om als te verken."
"Mooi plek maar uit en uit oorsee gedrewe glad nie meer vir plaaslike mense nie."
"Ons het die lekkerste pizza nog by 'n restaurant geëet. Dit word deur 'n Malawiese vrou gemaak. "
"My dogter is 'n groot Marilyn Monroe aanhanger en het die besoek aan die "Marilyn's 60's diner" vreeslik geniet. Kan dit beslis aanbeveel, die moeite werd."
"Stil pragtige plek. Baie plattelands. Ideale wegbreek van die stad se geraas. Kan egter vir tieners verveeld raak, maar ons het d rustigheid terdeë geniet."
"Ek sal more my tassie pak en trek as ek kon. My hart heeltemal verloor op Stormsrivier en omgewing."
"Stormsrivier aangename en interessante klein dorpie met baie aktiwiteite en avonture."
"Doen gerus die "suspension bridge" - baie loop, maar so die moeite werd."
"Stormsrivier Village is die moeite werd om te sien en Chrome & Fin City is 'n karaktervolle eetplek met heerlike kos, musiek en atmosfeer."
"Loved Storm Rivier Village, little place on its own. Will certainly tell everybody about this lovely, friendly little village. Thank you!"
"Gaan doen die Segway aktiwiteit by die Stromsrivier Backpackers. Dit was 'n belewenes!"
"Ek beveel aan om by Untouched Adventures 'n bespreking te maak om te kayak in die Stormsriviermond, dit was fantasties! Dis so +-40 minute se ry vanaf Fynbos Golf Club."
"Firstly, Eerste River is about 40 km from Storms and is absolutely beautiful. It's sort of a gem tucked away behind a 9 km dirt road that pushes non-4x4s or SUVs to the limit. Secondly, it's a gated community that ensures a non-crowded beach. The sea is an absolute pleasure to swim in. Just take serious note that if you need to buy ANYTHING, you need to drive the 9 km on the dirt road to the closest farm stall, and then 9 km back. As mentioned, the dirt is definitely not fun to drive with a normal car."
"Dit is verseker 'n bestemming waar daar baie aktiwteite in die omgewing is om te doen. Geen rede om verveeld te wees as mens hier gaan vakansie hou nie."