Verified Reviews

Sutherland

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland

Rated 4.4 out of 5 based on 459 reviews.

Sutherland

Settle Inn

"Lekker vir iemand wie van koue hou. Kan sterre kyk en darem paar goed om te doen. Lekker rustige klein dorpie."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Sterre en Karoo, wat 'n belewenis."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Sutherland is an underrated gem. The combination of fossils, SALT, stargazing tours, the beautiful landscape and an inactive volcano make it ideal as a destination for families with small children, provided they can stay up late enough for the stargazing tours. Don't make the mistake of going when the moon is full as this limits the stargazing available and rather go when the sky is dark. Stay at a self-catering place and make sure to take food as the local restaurants are not very good and even the OK in town is poorly stocked."

Sutherland

Doringboom Self-catering Cottage

"Baie oulike dorpie vol vriendelike mense, plat op die aarde. Dit wat jy sien, is wat jy kry en meer. Doen jouself 'n guns en gaan loer. As jy stilte vir jou siel nodig het is dit die plek."

Sutherland

Kleine Hansie Kothuis

"Besoek aan Sutherland en omgewing 'n moet vir enige natuurliefhebber. Moenie uitstel nie!"

Sutherland

Primrose Cottage

"Ons het lamskenkels by die Ou Meule gaan eet ─ uitstekend."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Beperkte restaurante, bevestig maar vooraf spesifieke tye."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Stunning plekkie! Een afgeteken van die bucket list."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Moet sterre aanbieding van Jurg by Sterland gaan kyk. Dit is die moeite werd!"

Sutherland

Die Heks se Huis

"Sutherland is 'n geskiedkundige dorp met 'n baie ryk erfenis. 'n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar waarvan 'n besoek aan die sterrewag asook sterrekyk 'n moet is. Aanbieders doen regtig baie moeite om leke soos ons te vertel waarna ons kyk as ons na sterre kyk. Sutherland behoort op enige reisiger se doenlysie te wees."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Pragtige dorp met hope sterre-kennis."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Die omgewing is vredevol en rustig. Nogal baie om te doen vir so klein plekkie. Planetarium. Onthou om die dag- en nagtoer te doen by die teleskoop. Die Blue Moon het baie lekker kos en is 'n baie knus restaurant. Vriendelike, hulpvaardige diens. Sal definitief weer gaan, vir langer."

Sutherland

The V8 House

"Sterrekyk by oom Jurg, SALT en die planetarium was beslis die moeite werd."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Daar is baie om te doen en sien in dié klein dorpie en dis die ideale bestemming as jy wil sterrekyk in die Karoo."

Sutherland

Kleine Hansie Kothuis

"Heerlike en rustige plek. Inwoners is so vriendelik en gasvry. 'n Plek om te geniet."

Sutherland

Primrose Cottage

"Die Ou Meul - baie oulike restaurant. Sterrekyk net onmoontlik as dit bewolk is. Teleskope baie interessant - maak net seker jy het bewys van inenting anders gaan hulle jou nie toelaat op die perseel nie (besprekings vir teleskooptoere deur Quicket). Baie koud - so neem warm klere saam."

Sutherland

Die Heks se Huis

"'n Plek om tenminste een keer in jou lewe te besoek!"

Sutherland

Kleine Hansie Kothuis

"Ons het die sterrekyk geniet, maar as die weer nie saamspeel nie, mors jy jou tyd. Net een teerpad in na die dorp as jy met 'n gewone voertuig ry. Wees bewus daarvan. Beslis net vir natuurliefhebbers."

Sutherland

Settle Inn

"Dit is 'n prag deel van ons land wat gerus meer besoek kan word - Nou met die goeie reën het dit die omgewing met vol damme en spruite gelaat. Baie vriendelike mense."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Mense is baie vriendelik. "

Sutherland

Sterboom Self-catering Cottage

"Friendly locals, excellent roads but very cold. Take your warmest clothes."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Goeie toeristebestemming, veral die astronomie-gedeelte."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Pragtig en so interessant!"

Sutherland

Die Heks se Huis

"Heerlike naweekuitstappie, maar wees voorbereid om selfsorg te kan doen vir plan B indien jou etebeplanning nie uitwerk nie. Gelukkig was Die Boorgat oop en gereed toe ons teen 13:45 steeds by 'n (aanbevole) toe deur te staan kom vir middagete elders. Op 'n Saterdag. Weens vorige ervarings op soortgelyke klein dorpies, het ons brood, kaas, melk, jogurt gereed gehad. Klein dorpies is op Sondag dikwels toe of die keuses is ongelooflik beperk, of nie noodwendig goed nie."

Sutherland

Die Prokureurshuis

"Besoek gerus die Boorgat restaurant."

Sutherland

Skitterland Gastehuis

"Skoon en aantreklike dorp. Vriendelike mense. Blue Moon restaurant se skaapnekgereg was baie lekker. Willem het ons die sterre gewys."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Ons het dit geniet om die klein begrafplasie te besoek. Die star gazing by die planetarium was uitstekend. Willem, wat die sessie aangebied het, is baie vriendelik en het 'n besonderse kennis van die sterre en veral selfoonkameras. Hy het ons gehelp om die mees onvergeetlikste foto's van die sterre te neem."

Sutherland

Jack of the Karoo

"Kan die plek aanbeveel."

Sutherland

Die Heks se Huis

"Geskiedkundig."

Sutherland

Die Prokureurshuis

"Ons het die oulike ou dorpie baie geniet. Die sterrekyk en bykomende opsies in die verband is baie goed geleë, goed geprys en die moeite werd in en om die dorp."

Page
Page 6 - Showing 151 to 180

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers