Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1340 reviews.
"Bly eerder naby die water. Sonsondergang en oggende is absoluut asemrowend. Baie voël lewe."
"Daar kan sekerlik baie meer gedoen word t.o.v. toeristebestemming. Die oord en dam is fantasties, so ook die Donkerpoort 4x4-roete."
"Die laaste kans op die N1 na Johannesburg om die mooi natuurskoon aan te gaap en vars, skoon lug diep en lank in te asem, voordat jy die lang, plat N1."
"Ek sal nie langer as 'n naweek daarheen gaan nie, maar jy't 'n lekker vol naweek daar."
"Soos enige klein dorpie in Suid Afrika wat 'n behoefte het aan bedryf, maak Bethulie steeds die meeste van wat hulle het. Dis waarlik iewers om stil weg te breek van die stad. Bethulie se ligging sorg dat toeriste maklik die omliggende gebied en besienswaardighede kan verken. Bethulie self het 'n interessante geskiedenis en gaste sal beslis baat deur bietjie ondersoek in te stel. "
"Dit hang af wat jou doel is, ek kan sien hoe dit 'n wegbreek is van 'n besige lewe. Ons het oornag en dit was perfek vir wat ons beplan het."
"Gaan eet gerus by die restaurant in die Forever Resort. Pragtige plek met vriendelike kelners en heerlike kos."
"Ek dink die dam gee goeie geleentheid vir gaste wat werklik net rustig wil wees. Weinig aanbiedinge rondom die dam om te geniet. "
"Such a pity that the area is not really well maintained - parts look shabby."
"Dit bly gerieflike oornagstop vir ons Gautengers Kaap toe en die sonsopkoms en -ondergang is altyd prentjiemooi!"
"Die dam is 'n plek naby aan ons hart. Die natuur is beeldskoon en dam se grote is onbeskryflik. Die geskiedenis agter die dorp en die dam is baie en is dit die moeite werd om 'n naweek daar te spandeer en bietjie te verken. Een van my top 5 bestemmings in SA."
"Die Gariepdam is 'n baie mooi besienswaardigheid as jy vroeg reeds arriveer en dit nog nooit voorheen gesien het nie. Die dam is besonders mooi en die moeite werd om te sien! Daar is ook 'n vulstasie en winkel naby die dam as jy iets vergeet het om te koop. "