Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 181 resensies.
"Sakesentrum is deurmekaar, niemand weet wie ry of wie wag nie. Een groot winkel, Spar. Hoofstraat is vol slaggate. "
"Dit is 'n klein dorpie. Moet dus nie te veel verwag nie. Die omgewing is pragtig - berge en dale. Die weer kan wisselvallig wees. Oor die algemeen koel tot koud deur die jaar. "
"Underberg is a lovely destination, there is a lot to do but we were only there to overnight. Also a lot of history for those who are interested."
"Dis 'n klein plekkie en lekker stil. Underberg met genoeg winkels is net 5 km ver."
"Baie vriendelike inwoners. Die Spar is baie energiek met groot verskeidenheid van lekkernye. Oulike winkeltjies met interessante inhoud."
"Nie regtig 'n dorp soos wat ek verwag het nie. Maar net buite die dorp na Hemiville is dit pragtig en baie stil."
"Nice little town. For a town that depends so heavily on tourism though, the general customer service is lacking. People are definitely doing you a favour by serving you."
"Was vriendelik verras deur die klein dorpie en sy mense. Was deel van die Joberg2C bergfiets resies. Definitief een van my gunstelingplekkies nou."
"Vriendelike mense! Die dorpie is maar aan die uitrafel, maar kyk by dit verby en jy bevind jouself in die heel mooiste deel in die hele Suid Afrika. "
"Die dorpie moes eens baie netjies gewees het maar is nou effe vervalle, met slaggate in die pad. Ek sal egter The Grind restourant wil noem as 'n plek om by te gaan eet. Fantastiese kos en goeie pryse. Netjiese plek."
"Museum baie interessant. Genoeg inkopie geleenthede. Rustige dorp. Mooi St Peter's kerk."