Verified Reviews
Underberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Underberg
Rated 4.4 out of 5 based on 181 reviews.
"Underberg is asemrowend mooi en bied orals 'n uitsig op die berg. Al die restaurante daar rond kan met liefde besoek word."
"Great MTB trail at the Olde Duck. Great Super Spar in town. Although the town itself is not much to write home about but did I mention the beautiful scenery! There are a number of eateries in and around the area for all tastes and budgets. Puckertty Farm Stall has lovely homemade bread and baked goods. Best coffee is at the Olde Duck. Underberg is stunning for cycling hiking fishing, simply unwinding and taking in nature. Now I know why South Africans call SA God's country. Underberg is simply stunning."
"Gaan nou nie te veel aan nie, maar as jy die omgewing wil verken ens is dit n baie goeie basis."
"Ek kan die Lemon Tree Restaurant sterk aan beveel. Underberg is n mooi klein dorpie waar jy alles wat nodig is as toeris kan kry. "
"Dit was die einde van die maand so die dorp was baie besig. By die winkel het ons vir omtrent 45 minute in 'n ry gestaan om iets te koop. Daar is 'n baie oulike restaurant in die dorpie met die naam "Mikes Restaurant". Baie vriendelike eienaar en die ontbyt was heerlik. Kon nie glo hoe goedkoop dit was en die hoeveelheid kos wat jy kry nie. Hier in Jozi kry jy dit nie. Verder is dit 'n pragtige plekkie! Dit is mooi in die winter en ek kan net dink hoe mooi dit n die somer moet wees."
"Underberg Cheesery het die heerlikste kaas. The Olde Duck en Pucketty Farm is definitief die moeite werd."
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."