Geverifieerde Resensie
Underberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Underberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 251 resensies.
"Baie mooi plekkie met heelwat om te doen en sien. Natuurlik is Sani Pas een van die groot aantrekkings!"
"Museum baie interessant. Genoeg inkopie geleenthede. Rustige dorp. Mooi St Peter's kerk."
"Mooi ou dorpie. Sanipas sommer baie naby. Op en af met gewone dubbelkajuit bakkie. Grenspos was vriendelik. Yellow Lemon Tree kan ek beslis aanbeveel. Lekker geëet. Kos heerlik atmosfeer en diens ook."
"Die omgewing is pragtig! Ons het die Sani-pas gaan ry en dit was werklik 'n ongelooflike ervaring om tot by die Lesotho grenspos te ry. Lemon Tree is die oulikste koffie-kroeg/restaurant en hulle diens en kos was beslis een van ons hoogtepunte. Hierdie kuiertjie was vir ons 'n eenmalige besoek. Ons wou graag ons kinders die omgewing gaan wys, maar ek dink nie ons sal Underberg weer besoek nie."
"Underberg is 'n pragtige bestemming met soveel om te sien en te doen. Ons sal graag weer hier wil kuier."
"Dit wat ons gesien en beleef het was lekker. Ons het net oornag so ons het nie baie kon sien nie. Fietsry en visvang glo ek kan jou daar besig hou."
"Die dorpie is te besig en daars nie baie aanwysings nie. Dit kan nogal help. Please fix the potholes!"
"Pragtige dorpie met genoeg om te doen by plekke rondom die dorp. Sentrale dorpie om in te bly en dan verder rond te ry."
"Dorp lyk heel gaaf. Ons was te kort daar om dit behoorlik te geniet, maar gaan weer terug soontoe. "
"Oulike en geskiedkundige plekkie, net te min tyd gehad om alles te verken. Ons Sani Paas uitstappie was puik."
"Baie goed om te doen in Underberg. Een winkelsentrum. Mooiste uitsigte op die berg. Lekker en rustige wegbreek."
"Vir seker die moeite werd! Ons gaan vir seker terug. Daar is nog baie wat ons nie gesien het nie!"
"Himeville is 'n baie klein en pragtige dorpie met min fasiliteite. Underberg (5,6 km vanaf Himeville) is die aangewese dorpie om enige aankope te doen. Ons sal maklik weer in Himeville gaan woon."
"Underberg is asemrowend mooi en bied orals 'n uitsig op die berg. Al die restaurante daar rond kan met liefde besoek word."