Verified Reviews

Upper Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo

Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Aandster

"'n Groot pluim in die dorpie se hoed is die feit dat 'n mens en jou eiendom veilig is."

Murraysburg, Upper Karoo

Tuishuisie

"Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!"

Britstown, Upper Karoo

Rooidam Cottages

"Die dorp is naby en dus maklik bereikbaar."

Victoria West, Upper Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."

Britstown, Upper Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Outsiders B&B

"Verseker 'n bestemming om weer te besoek."

Richmond, Upper Karoo

Rondawel Guest Farm

"Richmond het nie veel in terme van 'n naglewe nie, maar as jou hart hunker na rus en vrede, sal jou voete hulle pad kan vind na Richmond."

Lindene, Upper Karoo

Kimberley Rose Guesthouse

"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."

Hillcrest, Upper Karoo

Paljas & Kandas

"Peaceful and safe area. "

Richmond, Upper Karoo

Rondawel Guest Farm

"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."

Britstown, Upper Karoo

Elsa's @ 27

"Net die regte afstand vanaf Pretoria om te oornag op pad af Namakwaland toe."

De Aar, Upper Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Die dorp kort 'n goeie skoonmaak."

Britstown, Upper Karoo

Transkaroo Country Lodge

"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Allemann se Huisie

"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."

Britstown, Upper Karoo

Elsa's @ 27

"It is a clean, small town, conveniently situated for a stop over on the N12."

De Aar, Upper Karoo

Oppiplot

"Baie min om te doen en die plekke maak vroeg toe."

Richmond, Upper Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."

Hopetown, Upper Karoo

Karoo Inn

"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Outsiders B&B

"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Meerkat

"Beslis 'n besoek werd."

Vanderkloof, Upper Karoo

Rhino Manor

"Baie mooi en ons sal enige tyd vir ons 'n naweek huisie daar wil aanskaf."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "

De Aar, Upper Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."

Victoria West, Upper Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"

Hopetown, Upper Karoo

Hopetown Guesthouse

"Wat ek gesien het was interessant."

Hadison Park, Upper Karoo

Kosmos Guest House

"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."

De Aar, Upper Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Mense is warm, maar Karoo is koud in winter."

Britstown, Upper Karoo

Elsa's @ 27

"Klein dorpie. Vir oornag op pad Kaap toe is dit ideaal."

Nieu-Bethesda, Upper Karoo

Nagenoeg

"Oulike dorp met interessante inwoners."

Page
Page 66 - Showing 1951 to 1980
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers