Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Nogal interessant as mens bietjie rondry en loop om al die oudhede en geboue te besigtig."
"Vanderkloof is 'n wonderlike plek om te gaan ontspan van die gejaag van die stad. Daar is genoeg om te doen. Die vriendelikheid en meelewendheid van die inwoners laat jou voel asof jy tuisgekom het."
"Ek was aangenaam verras met De Aar en het geniet om meer van die dorp te sien."
"Wanneer mens deur Victoria Wes reis, besef mens glad nie dat dit eintlik 'n pragtige dorpie is nie. Ons sou bitter graag nog 'n bietjie langer wou vertoef om die dorpie verder te verken. Ons was aangenaam verras."
"Hulle kan gerus die strate teer. Dit kan net goed wees vir die dorp en die toeriste."
"Dis 'n skoon dorpie en mens kan rus. Anders as die die dam is daar nie aktiwiteite nie. "
"Die standaarde op die dorp is ok. Britstown is n lekker 'stopover' op pad Weskus toe. "
"Sou graag wou sien dat die dorp gerestoureer sou word, dis eintlik baie mooi."
"Streng gesproke is Drie Susters in die middel van nêrens. Dit sal goed wees as Travalia meer kan doen om interessanthede van die omgewing onder besoekers se aandag te bring, veral vir mense wat nie net oorslaap nie, maar meer van die Karoo wil sien en weet. "
"Het net deurgery en in Victoria West oornag. Ek was baie beindruk met die verligte kruis op die koppie by die dorp."
"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."
"Klein plekkie, goed vir die siel. Slegs 'n tekort aan restaurante en buitemuurse aktiwiteite."