Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2330 reviews.
"Wonderlike mense en geskiedenis. Silwer skoon Karoodorpie wat absoluut die moeite werd is om te besigtig. Vra na 'n toer deur die NG Kerk. Dit was 'n belewenis!"
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."
"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."
"Richmond het nie veel in terme van 'n naglewe nie, maar as jou hart hunker na rus en vrede, sal jou voete hulle pad kan vind na Richmond."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."
"Dis teerpad tot en met die grondpad is so 5 km na die dorpie. Dis nie meer 'n grondpad en rof vol klippe weens geen instandhouding . Dus as jy nie 'n SUV het nie, neem dit maar stadig oor die klippe. Maak vol met brandstof en neem die nodige. Geen banke of petrolstasie in die dorpie nie. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."