Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 390 reviews.
"Heerlike vakansiebestemming. Elke oggend vroeg al mense aktief met draf en fietsry. Geen gevoel van vrees nie. C-Bali het die heerlikste kos asook 'n puik strand."
"Margate-strand het ‘n mag-nie-swem-nie-bord en daar was geel skuim in die see. Uvongo se strand was beter."
"Baie lekker strand wat beskut is teen die meeste wind. Geen ongewensde elemente wat in die aand en deur die nag langs die strand kom drink nie. Is baie veilig - kan in die oggend vrou-alleen gaan stap."
"Uvongo is 'n baie lekker plek om te gaan vakansie hou, jy moet net kyk waar jy bespreek sodat jy nie jou geld in die water gooi nie."
"Baie lekker en veilige strand - jammer dat dit weggespoel het net voor ons aankoms."
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
"Uvongo het my verbaas, baie lekker plek en strand. Die Pavilion restaurant se kos en cocktails - baie lekker en dan moet nie van The View restaurant se kos en R&R jugs vergeet nie."