Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 390 resensies.
"It is a great place for relaxation, see breeze is so amazing, and evening and morning walks along the beach as well."
"Heerlike stil deel, genoeg plekke waar kruideniersware beskikbaar is en naby aan 'n groot winkelsentrum."
"Lekker somer-atmosfeer. Mooi strande, warm see en 'n absolute vakansiestad. Naby winkels en 'n puik "roadtrip" -area."
"Heerlike vakansiebestemming. Elke oggend vroeg al mense aktief met draf en fietsry. Geen gevoel van vrees nie. C-Bali het die heerlikste kos asook 'n puik strand."
"Margate-strand het ‘n mag-nie-swem-nie-bord en daar was geel skuim in die see. Uvongo se strand was beter."
"Baie lekker strand wat beskut is teen die meeste wind. Geen ongewensde elemente wat in die aand en deur die nag langs die strand kom drink nie. Is baie veilig - kan in die oggend vrou-alleen gaan stap."
"Uvongo is 'n baie lekker plek om te gaan vakansie hou, jy moet net kyk waar jy bespreek sodat jy nie jou geld in die water gooi nie."
"Baie lekker en veilige strand - jammer dat dit weggespoel het net voor ons aankoms."
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"