Geverifieerde Resensie

Vryburg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vryburg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 151 resensies.

Vryburg

OuGat Selfsorg-Akkommodasie

"'n Mens is bekommerd oor die veiligheid in die dorp. Ons kies elke keer 'n agterstraat om deur die dorp te ry. Toeriste moet op hul hoede wees. Daarom het ons gekies om eerder buite die dorp te slaap!"

Vryburg

Klondike Guest Lodge

"Voel nie veilig in die middedorp nie."

Vryburg

Game View Lodge

"Vryburg is ideaal for a stopover, not really a tourist destination."

Vryburg

Lavender Lodge

"Die dorp was nogal skoon, baie besig maar te veel stories gehoor van grypdiewe en aanvalle wat mens bang maak. Ons het die mense as vriendelik ervaar."

Vryburg

Game View Lodge

"Netjiese dorp en mooi skoon."

Vryburg

Mag Mar Guesthouse

"Goeie Spur (ook oop van 07:00 vir ontbyt) en Ocean Basket. Sekerlik ook ander lekker eetplekke. Dorp is netjies en skoon."

Vryburg

Castello Guest House

"Vryburg het al 'n reputasie gekry vir "smash-and-grab", wat jammer is. Ons het nie die dorp verder verken nie. Die hoofstraat was skoon, maar baie besig. Mam's Food, by 'n vulstasie net as jy die dorp nader, se kos was werklik smaaklik en waarde vir geld. Jy kan voor die restaurant parkeer. Diens was vriendelik."

Vryburg

Kriel B&B

"A typical small town, I was only there for business, so cannot comment from a tourist perspective."

Vryburg

Bird Guesthouse

"Oulike, skoon dorp."

Vryburg

Castello Guest House

"City roads in very poor condition."

Vryburg

Poetry Guestrooms

"The town is very run down with big trucks destroying the infrastructure. So sad to see. The locals were extremely friendly and welcoming"

Vryburg

Poetry Guestrooms

"Dis jammer dat die pragtige dorpie binne 'n paar jaar so verwaarloos is. Strate is vol slaggate en die omgewing is nie altyd veilig nie."

Vryburg

Unity Gasteplaas & Venue

"Die paaie in en direk om die dorp is in treurige toestand, tipies van wat oral in ons land die geval is. Die dorp is vuil en onveilig - ook tiperend van wat in SA tans aan die orde van die dag is."

Vryburg

Poetry Guestrooms

"Die rede vir die 3/5 as toeristebestemming en 4/5 vir veiligheid, is slegs omdat Vryburg se misdaad handuit ruk. Ons het die aand iets te ete gaan soek en is selfs deur 'n inwoner gewaarsku om sekere strate te vermy op pad terug na die gastehuis. So ook het 'n pompjoggie ons gewaarsku om ons deure te sluit terwyl hy brandstof ingooi omdat daar baie boosdoeners is wat deure ooppluk en enige iets van waarde steel. Ons sou graag die dorp wou vermy in die toekoms weens die misdaad, maar die gastehuis is vir seker 'n wenner en op die regte plek geleë. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie 'n effektiewe inisiatief van die polisie of gemeenskapspolisiëringsforum is om misdaad aan te spreek nie. Volgens almal wat ons gewaarsku het, word voertuie van ander provinsies meerendeels geteiken omdat dit niksvermoedende motoriste is nie. Hopelik sal die gemeenskap van Vryburg begin opstaan teen die misdaad voordat die dorp te bekend raak vir die feit dat misdaad nie behoorlik vasgevat word nie. Ons was van Limpopo op pad Augrabies toe en Vryburg is ideaal vir oorslaap, maar ongelukkig gaan die misdaad daartoe lei dat voornemende toeriste 'n veiliger bestemming gaan kies vir oorslaapdoeleindes."

Vryburg

Lavender Lodge

"Hulle was besig om die dorp se hoofstraat te herstel, hopelik stel die dorp 'n voorbeeld verander."

Vryburg

Lavender Lodge

"Soos met vele dorpe bly Vryburg ook in die slag!"

Vryburg

Cosmos Self-catering

"Dit was net 'n oornagbesoek"

Vryburg

Villa Lin-Zanè

"Ongelukkig verval die dorp."

Vryburg

Bird Guesthouse

"Dorp gaan agteruit. Ongelukkig."

Vryburg

Game View Lodge

"Dorp is maar vuil en verwaarloos. Sou dit slegs as oorslaapplek besoek."

Vryburg

DeHoek

"Paaie in Vryburg is in slegte toestand met baie slaggate, dorp self is ook nie baie skoon en netjies nie."

Vryburg

Lavender Lodge

"Slaggate op paaie."

Vryburg

Game View Lodge

"Paaie is in 'n verskriklike toestand."

Vryburg

Mams Overnight

"Effens onveilig gevoel in die aand. Die Spur was op dieselfde standaard as enige Spur in Pretoria."

Vryburg

Poetry Guestrooms

"I was there for work, so I did not investigate any tourist attractions. That said, anything you need is available in town with a range of shops available."

Vryburg

Abella Bed & Breakfast

"Dis maar 'n vuil besige dorpie, strate vol slaggate."

Vryburg

Lavender Lodge

"Will recommend to everyone. "

Vryburg

Villa Lin-Zanè

"Wil vinnig daar verbygaan."

Vryburg

Game View Lodge

"Good stop over. Relatively clean town."

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 60
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang