Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Vryburg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vryburg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 188 resensies.

Vryburg

DeHoek

"Perfect stopover location."

Vryburg

Kameelboom Lodge

"Ons het slegs oorgeslaap en vroeg die volgende oggend weer vertrek. Die oord het 'n lekker plaas gevoel van rustigheid."

Vryburg

Game View Lodge

"Ons het die dorp besoek oor maandeinde en ek sal nie aanbeveel dat enigeen gedurende so 'n besige tyd van die maand vrylik daar sal rondstap nie. Ek dink nie dit is veilig in die dorp se strate met al die mense wat daar rondstaan/loop/sit nie. Die dorp se paaie is meestal in 'n slegte toestand, maar dit het natuurlik niks met Game View Lodge se gasvryheid, netheid en goeie diens te doen nie."

Vryburg

Lavender Lodge

"Baie agteruitgegaan – soos meeste dorpe in SA. Sal net daardeur ry of daar oorslaap."

Vryburg

OuGat Selfsorg-Akkommodasie

"'n Mens is bekommerd oor die veiligheid in die dorp. Ons kies elke keer 'n agterstraat om deur die dorp te ry. Toeriste moet op hul hoede wees. Daarom het ons gekies om eerder buite die dorp te slaap!"

Vryburg

Klondike Guest Lodge

"Voel nie veilig in die middedorp nie."

Vryburg

Game View Lodge

"Vryburg is ideaal for a stopover, not really a tourist destination."

Vryburg

Springbok Cottage

"It is a convenient stop to break a long trip but is not an appealing town."

Vryburg

Lavender Lodge

"Die dorp was nogal skoon, baie besig maar te veel stories gehoor van grypdiewe en aanvalle wat mens bang maak. Ons het die mense as vriendelik ervaar."

Vryburg

Game View Lodge

"Netjiese dorp en mooi skoon."

Vryburg

Mag Mar Guesthouse

"Goeie Spur (ook oop van 07:00 vir ontbyt) en Ocean Basket. Sekerlik ook ander lekker eetplekke. Dorp is netjies en skoon."

Vryburg

Castello Guest House

"Vryburg het al 'n reputasie gekry vir "smash-and-grab", wat jammer is. Ons het nie die dorp verder verken nie. Die hoofstraat was skoon, maar baie besig. Mam's Food, by 'n vulstasie net as jy die dorp nader, se kos was werklik smaaklik en waarde vir geld. Jy kan voor die restaurant parkeer. Diens was vriendelik."

Vryburg

Kriel B&B

"A typical small town, I was only there for business, so cannot comment from a tourist perspective."

Vryburg

Bird Guesthouse

"Oulike, skoon dorp."

Vryburg

Castello Guest House

"City roads in very poor condition."

Vryburg

Poetry Guestrooms

"The town is very run down with big trucks destroying the infrastructure. So sad to see. The locals were extremely friendly and welcoming"

Vryburg

Poetry Guestrooms

"Dis jammer dat die pragtige dorpie binne 'n paar jaar so verwaarloos is. Strate is vol slaggate en die omgewing is nie altyd veilig nie."

Vryburg

Unity Guest House

"Die paaie in en direk om die dorp is in treurige toestand, tipies van wat oral in ons land die geval is. Die dorp is vuil en onveilig - ook tiperend van wat in SA tans aan die orde van die dag is."

Vryburg

Poetry Guestrooms

"Die rede vir die 3/5 as toeristebestemming en 4/5 vir veiligheid, is slegs omdat Vryburg se misdaad handuit ruk. Ons het die aand iets te ete gaan soek en is selfs deur 'n inwoner gewaarsku om sekere strate te vermy op pad terug na die gastehuis. So ook het 'n pompjoggie ons gewaarsku om ons deure te sluit terwyl hy brandstof ingooi omdat daar baie boosdoeners is wat deure ooppluk en enige iets van waarde steel. Ons sou graag die dorp wou vermy in die toekoms weens die misdaad, maar die gastehuis is vir seker 'n wenner en op die regte plek geleë. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie 'n effektiewe inisiatief van die polisie of gemeenskapspolisiëringsforum is om misdaad aan te spreek nie. Volgens almal wat ons gewaarsku het, word voertuie van ander provinsies meerendeels geteiken omdat dit niksvermoedende motoriste is nie. Hopelik sal die gemeenskap van Vryburg begin opstaan teen die misdaad voordat die dorp te bekend raak vir die feit dat misdaad nie behoorlik vasgevat word nie. Ons was van Limpopo op pad Augrabies toe en Vryburg is ideaal vir oorslaap, maar ongelukkig gaan die misdaad daartoe lei dat voornemende toeriste 'n veiliger bestemming gaan kies vir oorslaapdoeleindes."

Vryburg

Lavender Lodge

"Hulle was besig om die dorp se hoofstraat te herstel, hopelik stel die dorp 'n voorbeeld verander."

Vryburg

Lavender Lodge

"Soos met vele dorpe bly Vryburg ook in die slag!"

Vryburg

Cosmos Self-catering

"Dit was net 'n oornagbesoek"

Vryburg

Villa Lin-Zanè

"Ongelukkig verval die dorp."

Vryburg

Bird Guesthouse

"Dorp gaan agteruit. Ongelukkig."

Vryburg

Game View Lodge

"Dorp is maar vuil en verwaarloos. Sou dit slegs as oorslaapplek besoek."

Vryburg

Kameelboom Lodge

"Dorp vuil. Oral bedelaars. Misdaad hoog. Gesien hoe vrou beroof word. Het probeer help maar die barbaar het net tussen die massas verdwyn."

Vryburg

DeHoek

"Paaie in Vryburg is in slegte toestand met baie slaggate, dorp self is ook nie baie skoon en netjies nie."

Vryburg

Lavender Lodge

"Slaggate op paaie."

Vryburg

Unity Guest House

"Net oornag. "

Vryburg

Kameelboom Lodge

"Net oor nag op pad na Kgalagadi."

Blad
Blad 2 - Wys 31 tot 60
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem