Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1591 resensies.
"Bietjie warm as mens nie gewoond is aan die area nie. Maar steeds awesome!"
"Spectacular views, African bush and more animals than people. Love it."
"Ons beveel Rooiberg Resort / Ukuthula Lodge graag aan vir enigiemand wat wil wegkom van die stad se gejaagde lewe. Baie dankie aan Deon, Natalie en jul span! Rooiberg beskik ook oor 'n paar oulike winkeltjies waar jy ook heerlike wafels kan geniet."
"As jy mal is oor die Bosveld is hierdie die naaste plek om die veld, vuur en sterre saam met jou geliefdes te herontdek. Hier is altyd meer as wat mens verwag. Die mense is vriendeliker en die rustigheid wat jy inasem is beter vir jou siel as wat jy onthou!"
"Die dorpie is klein en nie goed instant gehou deur die munisipaliteit nie. Jy sal alles kan kry wat jy kon vergeet het in die pak proses by die OK of Spar. Dit is definitief nie 'n toerisme-stop nie."
"Bela-Bela het baie agteruit gegaan, daar is geen restaurante meer oop nie, het met inwoners gesels wat sê alles het so agteruit gegaan met Covid, wat 'n jammerte."
"Waterberg is definitely a breathtaking place, with more than enough lodges to choose from. Can't wait to come back."
"As jy net weg wil kom van jou besige lewe af en net wil rus, is dit 'n great plek. Het als wat jy nodig het en die mense is baie bedagsaam."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Tarentaal Nes"As jy rustigheid soek is dit die plek om te wees. Puik restaurant. Wonderlik om die wilde diere by jou voordeur te hê."
"The road through Brits should be avoided. Way safer to go through Bela Bela if coming from Johannesburg."
"Uitstekende toeristebestemming, naby genoeg om van die Wesrand af vir 'n vinnige wegbreek te gaan."
"Die 10 km-grondpad is nie van die beste nie, en diegene met kleiner voertuie (nie 4x4) sal sekerlik moeiliker ry, maar dit is beslis die moeite werd."
"Alhoewel die huis nogal 'n entjie is van waar die meeste diere en ander fasiliteite van Mabalingwe is en ons nogal baie moes ry, is dit steeds 100% die moeite werd."
"Ons het 'n troue bygewoon. Dit is 'n klein dorpie met ou huise, maar tog netjies en vriendelik."