Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1608 resensies.
"Waterberge het ongelooflik mooi toeriste-aantreklikhede. Ons geniet dit om ons eie streek en verskillende plekke te besoek. Beslis die moeite werd."
"Heerlike om die pad te vat en bedags rond te ry in die reservaat. Mabalingwe is tops!"
"Die omgewing is baie mooi, maar ook baie droog, dit sal baie hartseer wees as die veld moet brand and diere moet seerkry. Ek voel dat daar meer klem gelê moet word oor veld-veiligheid, veral omdat daar op so baie plekke gebraai word in en om die terrein."
"Net 'n ongelooflike lekker en mooi bos-ervaring. My topplek in Suid-Afrika!"
"Pragtige asemrowende berge en omgewing met baie wildsplase. Ons het wildsveiling in Vaalwater bygewoon wat maar 34 km van Madikela was."
"Baie rustige plattelandse woonbuurt. Dit is nie in die sake gebied nie, maar baie naby, en daar is alles wat jy nodig het. Ek het veilig gevoel en die voëltjies het my vroegoggend ge-serenade - wonderlik."