Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1592 reviews.
"Dorp lyk baie beter as 'n paar jaar gelede. Strate word oorgedoen. Ietwat van 'n probleem om by 'n plek te stop, a.g.v. die padwerke. Indien die paaie klaar oorgedoen is, sal dit die moeite werd wees vir toeriste om daar inkopies te gaan doen. Dorp is baie skoon. Sal definitief die dorp binnekort weer besoek."
"Ons bly maar in Suid-Afrika en is skrikkerig om tot laat buite te braai of om staproetes aan te pak."
"'n Mens kan sien Bela-Bela is net 'n toeristedorp. Maar baie lekker en die mense is vriendelik. "
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Ons Wegkruip Plekkie"Dit is 'n ongelooflike ervaring met die diere wat vrylik in die dorp rondbeweeg. Baie veilig vir stappers en heerlik om te kon rondstap. Sommige van die erwe en huise lyk baie sleg wat bietjie afbreek doen aan die algehele gevoel van die dorp. Wonderlike vriendelike omgewing met mense wat mekaar nog groet in die verbygaan. Het heerlik in die restaurant gekuier en die diens en gasvryheid is puik. Sal beslis weer gaan."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Mense is baie vriendelik en dit is fantasies om te sien dat die stadsraad besig is om die paaie op te gradeer."
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "
"Daar is so baie dinge om te doen en dinge om te sien mens kan nooit genoeg in Bela-Bela kom nie. Dis beslis een van die plekke wat my 'n trotse Suid- Afrikaner maak. "
"Naboomspruit is a very old town and the people are very poor. Don't have a lot of stock and different stock. Area around Naboomspruit and very nice and people are very friendly."