Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1592 resensies.
"It gave an impression of safety as our car on the guest house was on the street parking but nothing happened. At Forever Resorts we left our belongings unattended for hours and were also still safe."
"Sal altyd lief bly vir Bela-Bela en die omgewing. Ons kuier ten minste 4 na 5 keer per jaar daar in dié omgewing. Baie lekker."
"Ons was verlede jaar met Paasnaweek daar en nou weer oor Desember, en ek moet sê, die plek is besig om agteruit te gaan."
"Bela -Bela offers a visitor all the necessary requirements for a short holiday i.e shops, banks and restaurants. "
"Grootste plus punt is die afstand tussen Pretoria/Johannesburg en Bela-Bela. Perfek vir 'n vinnige wegbreek al is dit net vir 2 of 3 nagte."
"Dankbaar vir basiese winkels soos Shoprite en Wimpy, wat skoon was en redelik met hul pryse. Die ander besighede/winkels en slaghuise was uiters duur. Vleis is baie duurder as in Pretoria en dit was nie lekker om te sien hoe van die mense in die slaghuise die vleis hanteer nie. Met die terugry na Pretoria op die alternatiewe roete, het ek baie plekke gesien om 'n volgende keer eerder te probeer."
"Baie gerieflik naby geleë en is nie te ver om daarheen te reis vanaf Pretoria nie. Baie netjies en skoon en sekuriteit is baie goed. Het die natuur en stilte baie geniet."
"Dis wel 'n veel kleiner dorpie as Johannesburg, maar daar is egter heel voldoende winkels en selfs die Modi Mall waar mens jou inkopies kan doen en omtrent alles bekom wat jy nodig het. Om op te som sou ek sê dis 'n oulike dorpie met genoegsame geriewe vir toeriste en vakansiegangers."
"Daar is nie veel om te doen in die omgewing nie, behalwe om Die Oog te besoek."