Geverifieerde Resensie

West Coast

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6672 resensies.

St. Helenabaai, Weskus

Whale n Daisy

"Stil kusdorpie wat my verwagtinge oortref het."

Weskus

Rietrylaagte Accommodation and 4x4

"Ons kuier baie kere op die Weskus. Dis 'n lekker area om rond te toer met vriendelike mense."

Lambertsbaai, Weskus

Lazy Days Apartments: Lamberts Bay - 84 Voortrekker

"Geniet die dorp, maar was nie 'n mooi gesig om te sien dat soveel jong mense op die strand alkohol gebruik en harde musiek luister nie. En die paadjie by die jetty het middag drankbaan geraak vir jong kinders waar hulle oop en bloot hulle vergryp het aan drank en dwelms. Dit is nogal 'n afskrikding. Ek dink polisie en leiers van die gemeenskap kan regtig iets doen. Kon sien dat geen Covid-protokol gevolg was vir die dagkamp nie. Maar dit is 'n lekker vriendelike dorpie, so ek dink dit is ietsie klein wat later 'n slegte inpak op die dorp kan maak. So as daar nou aan dit gewerk word, kan dit net beter gaan. Dit is altyd lekker om daarheen te gaan, maar sal hartseer wees as sulke goed maak dat ons ander kuierbestemming moet kies. Sien uit om volgende keer weer daar lekker te kom afpak."

Paternoster, Weskus

Harvest Moon

"Paternoster is so breathtakingly beautiful."

Velddrif, Weskus

47onWaterkant

"Beautiful place."

Yzerfontein, Weskus

Kariza

"Absoluut verlief geraak op die plek! Die uitsig is stunning. Soveel lekker goed om te doen in die omgewing. Kaapstad is ook lekker naby."

Paternoster, Weskus

Shalom

"Ai, ons sal Paternoster graag ons tuisdorpie wil maak. Hou van die stilte en die natuurlike omgewing."

Paternoster, Weskus

Marlyn and Dolfyn Self-catering

"Lieflik en as jy van seelewe hou is dit ideaal om te besoek."

Elandsbaai, Weskus

The Berries

"'n Mens kom Elandsbaai toe met die doel om te surf. Ongelukkig is die groot huis-paleise besig om die sorgvrye Weskus-karakter van die dorp te steel."

Jacobsbaai, Weskus

Roos Maryn

"Wanneer jy wil afpak en ontspan bied Jacobsbaai die beste. Dit is 'n juweel aan die Weskus."

Yzerfontein, Weskus

EngelZicht Self-catering Villa

"Beautiful, quiet place to get away from the busy city."

Lambertsbaai, Weskus

Weskus Hokkie

"Baie hartseer oor die effe verval van die Weskusdorpie. By Bird Island het die plastiek saam met heelwat dooie kommorante in die hawe gedryf. Nee man Cape Nature en plaaslike munisipaliteit!"

Velddrif, Weskus

47onWaterkant

"Bokkomlaan was 'n belewenis."

Strandfontein, Weskus

Seetoe dot com

"Kultuur is uniek en vriendelik. Mens voel so tuis in Strandfontein. Dis skoon, en die dienslewering is 5-ster gehalte."

Yzerfontein, Weskus

Swept Away Guesthouse

"Sal weer Yzerfontein toe gaan."

Yzerfontein, Weskus

Lugkasteel

"Besoek definitief Yzerbru en die bakkery daar langsaan. Beaches is 'n wonderlike restaurant."

Yzerfontein, Weskus

Fairview

"Het die naweek baie geniet en sal beslis weer bespreek."

Yzerfontein, Weskus

No17 on Mile16

"Wonderlike en rustige atmosfeer met baie restaurante."

Paternoster, Weskus

Strandlopertjie

"'n Plek soos nêrens anders nie!"

Lambertsbaai, Weskus

Aan't See House and Apartment

"Dis 'n pragtige en gasvrye dorp. Ons het 'n troue bygewoon, maar sal beslis weer die Weskus dorp besoek!"

Paternoster, Weskus

Over the Moon

"Dit is ons eie Santorini!"

Paternoster, Weskus

Kiewiet

"Goeie plek om te rus en weg te breek."

St. Helenabaai, Weskus

Rienks Beach Nook

"Pragtige, stil dorp. Sal graag daar wou woon as ek eendag geld gaan wen."

St. Helenabaai, Weskus

Pier Pleasure

"Die plaaslike winkeltjie in Britanniabaai is goed toegerus indien jy iets vergeet het, want hulle is maar redelik ver van al die groot winkels af."

St. Helenabaai, Weskus

Beachway on Golden Mile

"Heerlike wegbreekplek. Vriendelike mense, en lekker ontspanne atmosfeer."

Doringbaai, Weskus

Thornbay Accommodation

"Freyers Cove in Doringbaai en Kommietjie in Strandfontein het albei mooi uitsigte en die lekkerste kos teen goeie pryse."

Paternoster, Weskus

Dune Ridge Main House

"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."

Lambertsbaai, Weskus

Aan't See House and Apartment

"Ons was net 2 dae in Lambertsbaai, het die omgewing baie geniet."

Blad
Blad 111 - Wys 3301 tot 3330
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang