Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6600 reviews.
"Dis 'n pragtige en gasvrye dorp. Ons het 'n troue bygewoon, maar sal beslis weer die Weskus dorp besoek!"
"Die plaaslike winkeltjie in Britanniabaai is goed toegerus indien jy iets vergeet het, want hulle is maar redelik ver van al die groot winkels af."
"Freyers Cove in Doringbaai en Kommietjie in Strandfontein het albei mooi uitsigte en die lekkerste kos teen goeie pryse."
"Baie mooi area, maar smouse is ’n groot probleem. Ook baie vuil strate met rommel wat op die strand en voor restaurante lê. Ek vermoed dat diefstal 'n probleem kan wees en sal nie alleen langs die strand gaan stap nie."
"Die dorp is bietjie stil, maar Muisbosskerm, Isabellas en Alle Dingen was ’n groot verrassing. Daar is klein juweeltjies en ons het ’n kerkdiens bygewoon. Ons het welkom gevoel. Ons het heerlik gerus na ’n baie stresvolle 2020! Lambertsbaai se mense is ongelooflik vriendelik en behulpsaam!"
"Te min restauarante, geen bootvaarte vir die sonsondergang of na Dasseneiland nie . Die eienaar van die Beaches-restaurant mis ‘n gulde geleentheid om die beste restaurant in die dorp te hê! Blakes en Skuim is ‘n welkome toevoeging tot die dorp."
"Paternoster is a great place. Been there many a time with many pleasant memories."
"Small fishing village, could not find a place to buy fresh fish, however, it was on a Saturday afternoon so places may have already been closed."
"Baie rustige area en vreeslik mooi met die klomp eenderse huisies. Daar is 'n middag windjie, maar dit gaan lê weer saans."
"Dwarskersbos is die pragtigste plekkie! Die rustigheid en asemrowende strande is net wat die siel nodig het."